Sirkel: Tygerberg
Tak: De la Haye
Beriggewer: Elizabeth Joseph
Datum: 17 Junie 2020
De la Haye vergader op Zoom
Weens Covid19 mag ons nie bymekaar kom nie. So ons het besluit om ‘n Zoom vergadering te hou. Dit was baie lekker om almal weer te “sien” Die vergadering het nie ‘n spesifieke portefeulje gedek nie, maar almal het gedeel hoe hulle hulself besig hou tydens die inperking. Ons dames het gebrei, gehekel, naaldwerk gedoen en was baie bedrywig in die kombuis met kosmaak en bak en brou. Sop bottels is ook gemaak vir “Jars of Hope”
Lede besig met die Zoom Vergadering
Bak en brou
Brei en hekel
Naaldwerk
Leave A Comment