Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 19 Junie 2020
Otto du Plessis Waardeer VLV Gebaar
Otto du Plessis Hospitaal is in die proses van opgradering en dan is daar boonop die voortgesette toetsing vir Covid-19. Dit stel vir seker hoë eise aan die personeel.
Lorraine du Toit verwys na die eise van die covid-19 pandemie “…en ons hier aan die Suidpunt het dit ongelukkig nie vrygespring nie. Ons getalle het die afgelope twee weke taamlik gespring en matrone het eintlik gevra om die personeel se moraal te lig. Hierop het (Sulene van As) die VLV verteenwoordiger op die Raad die inisiatief geneem…” deur die VLV Bredasdorp Takvoorsitter, Annette van Eeden, hieroor te nader. “
Annette van Eeden het dié uitdaging aan plaaslike VLV-lede gestel. Ons het dit goed gedink om aan elke personeellid ‘n sjokolade met ‘n mooi lintjie te gee met ‘n mooi bemoedigende boodskappie op ‘n kaartjie. Bydraes is heeltemal vrywillig.
Bydraes het vinnig ingestroom en die pakkies is binne 3 dae saamgestel.
Op Vrydagoggend,19 Junie 2020 om 10h00 oorhandig Sulene van As VLV verteenwoordiger by die Hospitaalraad en Lorraine du Toit, vise-voorsitter van die plaaslike VLV-tak en ook voorsitter van die Hospitaalfasiliteit, twee mandjies vol geskenke aan Shehadi Laubscher by die Administratiewe Afdeling van Otto du Plessis Hospitaal op Bredasdorp. Dié geskenke is vir al 52 personeellede.
Te oordeel aan reaksies soos: “Pragtige gebaar; Baie dankie; Dit word opreg waardeer”, was die sjokoladegeskenke met linte en bemoedigende kaartjies ‘n geslaagde projek.
Vlnr: Sulene van As verteenwoordig die VLV by die hospitaslraad, Lorraine du Toit is vise-voorsitter van die VLV Bredasdorp Tak en Hoof van die Hospitaalraad wat die geskenke aan Shehadi Laubscher van die Otto du Plessis Administrasie oorhandig.
VLV dames by die hospitaalpersoneel voor die Noodafdeling op Bredasdorp.
Leave A Comment