Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Margaretha Smit
Datum van gebeurlikheid: 11 Junie 2020
Getrou aan die nuwe kultuur van virtuele vergaderings het die sameroeper van Gesondheid, Theresa Schmidt, op 11 Junie 2020 ‘n video opname vir die lede gemaak. Sy het ‘n kers aangesteek vir ‘’love’’ en Tannie Edith Barris se gebed voorgelees. Dr Burt Evans, ‘n afgetrede privaat praktisyn, het ons ingelig rondom die noodsaaklikheid van die gebruik van “boosters”, aanvullings, minerale en vitamine.
Hy verwys na die Hipokratiese Eed, wat in 640BC deur Hipokratis geskryf is en vandag nog waar en geldig is. Die belangrike beginsels wat in hierdie eed vervat is, geld vandag nogsteeds.
Vitamien C voorkom nie infeksies nie, dit is askorbiensuur wat vir die behandeling van bv skeurbuik gebruik is. Om infeksies te voorkom moet ons Antioksiedante inneem in ons daaglikse dieët. Dr Evans noem dat goeie bronne daarvan te vinde is in die robot-kleur vrugte en groente soos byvoorbeeld, rooi tamaties, geel wortels, groen avokadopeer, en wit blomkool, om net ‘n paar te noem.
Vitamien B bevat nie kalorieë nie en kan dus nie energie verskaf nie. Die gebrek aan Vitamien B12 verhoed die opneem van yster in die dieët en veroorsaak Anemie. Hy verwys na navorsing wat gedoen is met Vitamien B12 en steriele water. Die steriele water inspuitings was meer effektief!
Vitamien D word in die vel vervaardig en daarom is sonlig belangrik. ‘n Tekort aan Vitamien D kan lei tot osteoporosis, gastro-intestinale-, lewer-, nier-,neurologiese- en kardiovaskulêre probleme. Bronne van Vit D is sampioene en olierige vis bv Salm en Sardiens.
Minerale soos kalsium, magnesium en sink is belangrik, maar maak eers seker van die vlakke hiervan in jou bloed voor jy enige van die geadverteerde spesiale aanbiedings koop.
Die risiko faktore van Kardio-vaskulêre siektes wat hartaanvalle en beroerte veroorsaak, is: Stress, Hipertensie, Rook, Vetsug en Diabetes en verhoogde cholesterol (LDL wat minder as 1,8mmils/liter moet wees) Die laaste 5 kan gekontroleer word.
Covid19 Pandemie: “Gesonde verstand moet seëvier” – dra maskers, was hande gereeld en hou 1,2 m afstand van ander persone. Die dra van handskoene word nie aanbeveel nie.
Dr Evans sluit sy praatjie af met Sokratis se woorde: ‘First, do no harm’
Leave A Comment