Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 12 Junie 2020

 

Dis winter in die Suid-Kaap

Junie 2020 het soos altyd maar sy dinge. Fase 3 van Grendeltyd het ingeskop wat effe meer vryheid gee, maar steeds inperkend bly. So byvoorbeeld kon my Susterskind weer aangaan met matriek, is daar nou lang opgewonde toue by drankwinkels, maar rokers bly steeds ontstoke. Dan natuurlike ook die amptelike begin van die Winter met kaggelvuur, sop en snoesige komberse. Vir sommige. Ander is nie so gelukkig nie. Kleinbrak VLV-tak het met laasgenoemde as agtergrond twee belangrike projekte van stapel gestuur.

 

Garden Route SPCA

 

 

 

 

 

 

 

Die eerste was die aflewering van kombersies (wat deur die loop van die jaar ingesamel is) en ‘n donasie aan die Garden Route SPCA wat so mooi na ons minder bevoorregte diere kyk. Die SPCA het ‘n noodkreet uitgestuur nadat hulle as gevolg van die inperkinge, finansieel baie swaarder as gewoonlik gekry het, en op die punt was om hulle deure te sluit.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Op die foto doen die uwe se eie “kinders” inspeksie voordat komberse afgelewer kon word.

 

Sopmengsels

Die tweede projek is bottels met sopmengsels – elkeen genoeg om ‘n gesin van vier tydens hierdie koue dae van ‘n lekker pot sop te voorsien. Hierdie projek sal vir die volgende paar maande voortgesit word. Lede het gevulde bottels afgelewer wat deur die tak-voorsitter met die hulp van ‘n plaaslike kerk, versprei is waar nodig.

 

 

Op die een foto gee Pietman Davids vir Dee Disney die “thumbs-up” vir die aflewering. Dee het ook pragtige oomblikke gedeel waar Pietman bottels verskaf aan bejaardes in rolstoele en klein kindertjies wat bakhand staan vir gesinne in nood.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Onder-voorsitter, Lynette Nel, het ook ‘n massiewe hoeveelheid etes tot op hede uitgedeel, meeste daarvan deur haarself verskaf.

Baie dankie aan al die tak-lede wat ons naam hoog hou en steeds betrokke is by noodsaaklike dienste in ons omgewing.

 

Verjaarsdagwense (sommige effe laat en ander voortydig)

April: Suzette O’Kelly, Dee Disney & Reinetta van Rensburg

Mei: Deville du Plessis, Elrina van Zyl & Elize du Toit

Junie: Marie Kotze

Glo julle het lekker verjaar en dat die Nuwe Lewensjaar baie interessante uitdagings gaan bied!

 

Ons deel ook ons innige simpatie

Die afgelope tyd het ook sy eie leed gebring. Nie almal het dit noodwendig gedeel nie, maar ons harte gaan uit na die waarvan ons weet en nie weet nie. Meimaand is ons tak-lid, Tiebie van der Walt se broer in Vereeniging oorlede. Juniemaand het ons tak ook die baie bekwame Sandy Rheerder verloor. Sandy het die jaar saam met ons begin en sou in Maart amptelike lid word. Dan het ‘n oud VLV-lid, Marietjie Bam wat steeds baie betrokke by ons tak is, pas verneem haar kleinseun is positief vir COVID 19 getoets.

 

Ter afsluiting

Bly warm, bly besig en onthou dis Vadersdag hierdie maand!