Sirkel: Overberg
Tak: Bredasdorp
Studierigting: Openbare Sake
Beriggewer: Letty-Ann Möller
Datum: 2 Junie 2020
VLV Bredasdorp Tak is presies ‘n halfuur voor die Openbare Sake vergadering van 2 Junie 2020 oor die plaaslike gemeenskapsradio herinner aan hulle virtuele vergadering 15h00 op hulle whatsApp groep.
Presies 15h00 het die voorsitster, Annette van Eeden, op die selfoonskerm verskyn, geopen, almal verwelkom en die lugtyd aan die Openbare Sakespan afgestaan. Die agenda, wat voor die tyd gesirkuleer is, is stiptelik gevolg en die vergadering kon binne 30 minute verdaag.
VLV BREDASDORP TAK SE OPENBARE SAKE VERGADERING GEHOU OP 2 JUNIE 2020 om 15h00 OP VLV BREDASDORP WHATSAPP GROEP
- VOORSITTER OPEN EN VERWELKOM VLV LEDE: ANNETTE VAN EEDEN. [VIDEO 2:59] https://www.youtube.com/watch?v=qqbZK5P2lXM&t=34s
2. SAMEROEPER GEE DIE AGENDA DEUR: LETTY-ANN MöLLER.
- VERJAARSDAGWENSE: 6 Junie: Suzette Neethling; 23 Junie: Marie Spamer en 30 Junie: Barbara Mandy
4. PANNEKOEKRESEP VIR 200: SUSAN BURGER.
[TEKS] sien resep
- NUUSINSET: ORA LAUBSCHER.
https://mail.google.com/mail/u/1?ui=2&ik=af6e630158&attid=0.1&permmsgid=msg-f:1668411741768461688&th=172763a3b7332d78&view=att&disp=safe&realattid=17276399280ca01904c1
(Om hierdie klankgreep te luister, moet jy die hele “adres ” highlight en dan regs kliek. In die blokkie wat verskyn, moet jy dan op “Go to https:// mail.google.com ……….” kliek. Links onderaan die skerm sal die naam verskyn. Kliek op die af-pyltjie. Die audio blokkie sal dan verskyn)
e-NUUSBLAD: JACQUES LOUW.
[VIDEO 3:17] https://www.youtube.com/watch?v=tkqNqGJaDHQ
- SAID FEITE: CHRIS MOSTERT. [TEKS] sien dokument
- STEL GASSPREKER VOOR: LETTY-ANN MöLLER.
https://www.youtube.com/watch?v=d6L9WRQQNBY
- GASSPREKER: DR. MARTHIE MOMBERG.
[VIDEO 11:55] https://www.youtube.com/watch?v=Us36aOps_yk&t=26s
- DEMONSTRASIE: GINA JOUBERT.
[ VIDEO 3:25] https://www.youtube.com/watch?v=OCBI821mnrY
- KLAVIERSPEL: MARANé ROUX.
[1:30]
- SLOTNOTAS
- Baie dankie vir al ons VLV-lede wat aan die vooraf meningsopname deelgeneem het. Julle insette sal volledig in die VLV Bredasdorp Tak se Openbare Sake Verslag verskyn.
- Dankie vir elkeen wat aan vandag se program deelgeneem het.
- VERRASSINGSELEMENT: MARINA BLIGHT.
[VIDEO 2: 04] https://www.youtube.com/watch?v=I-US-0k5lTs
- AANVULLENDE DOKUMENTE vir bestudering na afloop van die vergadering.
Die gasspreker is as volg voorgestel:
“En nou is dit my voorreg om ons gasspreker uit Stellenbosch aan u voor te stel.
Marthie Momberg se loopbaan strek oor 40 jaar. Sy het 9 jaar gelede vir ‘n tydperk van 3 maande in Israel en Palestina menseregte gemoniteer vir die Wêreldraad van Kerke saam met ander Internasionale waarnemers. Hierdie inligting word sedertdien deur die Rooikruis, die Verenigde Nasies ea internasionale organisasies gebruik.
Benewens Phd in Teologie het Marthie ook nagraadse kwalifikasies in Letterkunde en Onderwys.Sy het ook boeke geskryf. Dames, dr. Marthie Momberg!”
Sy het, tydens haar video opname haar partydigheid “vir wat reg is” beklemtoon. https://www.youtube.com/watch?v=Us36aOps_yk&feature=youtu.be
- Meegaande dokumentasie hou verband met die onderwerp: “’n Oomblik van Waarheid”. Afrikaans_0.pdf
- Kairos Palestine, Kairos Christians in Palestine https//www.kairospalestine.ps
- https://ifamericansknew.org/images/FourMaps.jpg
Hier is daardie beloofde Pannekoekresep.
Dis vir 1 emmer wat ongeveer 180 – 200 pannekoeke bevat
2×2.5 kg koekmeel 10 tl bakpoeier
10tl sout 6 kop olie
1 kop asyn 9lit water
32 eiers
Vir rol:
2.5kg suiker
100gm kaneel
- Klits eiers
- Voeg olie en asyn by – klits
- Voeg sout en bakpoeier by – klits
- Voeg meel stadig om die beurt met water by
Ek klits die eiers en voeg sommer tegelyk 2+3 bymekaar by die eiers en klits en dan laaste die meel
As 1-3 moeilik klits voeg ek van die water by, afhangende van die grote van die eiers – net nie klein eiertjies nie.
Medium is goed
Nou vir die finansiële wenke waarna die agenda verwys.
INKOMSTE BELASTING IN SUID-AFRIKA. (SUID-AFRIKAANSE INKOMSTE DIENS) SAID
Die belastingjaar begin jaarliks vanaf 1 Maart tot 28/29 Februarie van die volgende jaar waarop belasting op inkomste bereken word.
Waarom word belasting gehef en hoe word dit aangewend: vir dienste verskaf deur die regering soos skole, hospitale, paaie en ander dienste.
Wie: elkeen wat ‘n inkomste ontvang of aan toegeval het; indiwidue, besighede, trusts, boedels ens.
Inkomste bestaan uit salaris, fooie, huur, kapitaal wins (verkoop van bate), rente, dividende, boedel, kommissie ens.
Wanneer: Voorlopige belasting word betaal in Augustus op 50% bereken op die belastingbetaler se geskatte inkomstes vir die volgende belastingjaar. Die ander 50% word betaal in Februarie, die laaste maand van die betrokke belastingjaar.
Hoeveel: Geen belasting word betaal op ‘n inkomste tot R63 556 nie. Inkomstebelasting daarbo word bereken teen ‘n skaal van 18% tot 45%.
Hoe: Vorms IRT12 moet aan SAID ingedien word:
Deur persone onder 60 jaar met inkomste tot R83 100 – tot 28 Oktober 2020;
Deur persone onder 65 jaar met inkomste – tot R126 650; en
Deur persone bo 75 jaar met inkomste R143 850.
Persone met inkomste van onder R500 000 ontvang van een werkgewer maar nie indien gebruik van motor, of reistoelae,
mediese koste of uittredings annuïteit nie tensy vorm ontvang is of deur SAID versoek word.
Wanneer: vanaf 1 September 2020:
by SAID tak tot 22 Oktober 2020;
Elektronies tot 16 November; en
Voorlopige belasting betalers tot 31 Januarie 2020.
Addisioneel. Gedurende Augustus 2020 gaan SAID ‘n groot getal belasting betalers selekteer wie se aanslae onmiddellik deur hulleself uitgereik gaan word vir betaling ingevolge die informasie wat hulle het van vorige jare se opgawes en wat hulle van werkgewers en finansiële instansies ontvang het. Sodanige belasting betalers moet sorgvuldig nagaan met hulle eie informasie en indien ontevrede, beswaar aanteken. Dit gaan tyd in beslag neem met die gevolg dat betaling in elk geval gedoen moet word .
Dit is uiters noodsaaklik dat vorms streng betyds ingedien word want agv van die pandemie en die uiters benarde ekonomiese posisie moet SAID alles in werking stel om invordering van belasting streng toe te pas en gaan boetes en rente sonder uitsondering streng verhaal word. Alles gaan in werking gestel word deur van instansies gebruik te maak om by te staan.
Baie netjies weergegee,baie dankie,Marlene🤩
Uitstekend Bredasdorp – julle is ‘n inspirasie! Kleinbrak