Sirkel: Middelland
Tak: Alexandria
Portefeulje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Margaretha Smit
Datum van gebeurlikheid: 21 Mei 2020
Ons tak was so bevoorreg om ‘n ‘virtuele’ vergadering saam met die sameroeper van Opvoeding en Kultuur, Yvonne du Preez, te geniet op 21 Mei 2020. Die aanvanlilke beplanning was om Huis Dias in Alexandria te besoek, maar die COVID-19 grendeltyd het dit so effens in die wiele gery.
Nietemin het Yvonne ‘n video-opname gemaak waarin sy ‘n kers opgesteek het vir elke inwoner van Huis Dias wat eensaam voel en hulle kinders mis. Die voorlesings vervat in die twee videos wat aan elke lid gestuur is, het baie vir elkeen van ons beteken.
Mag elkeen baie baat vind uit die demostrasies van die materiaal blomme en toilet fizzies.
Dankie Yvonne vir die spoor wat hierdie pragtige inisiatief in ons lewens gelaat het – dit was ‘n heerlike ervaring om hierdie koppie tee saam met jou te geniet.
Leave A Comment