Sirkel:  Weskus
Tak : Piketberg
Takverjaarsdag
Beriggewer:  Nicoline Brown
Datum:  23 Mei 2020

 

VLV-Piketberg 88 Jaar oud!!!

 

Op Saterdag, 23 Mei 2020 was Piketberg-tak 88jaar oud!  Die Piketberg Tak is op 23 Mei 1932 gestig met sy eerste  VLV-vergadering van 20 lede. Mev. Ds Steytler was die eerste voorsitter en daar is besluit dat “skoolmeisies”  van st. 7 en hoër saam met hul ouers vergaderings kon bywoon.

 

Vandag, 88jaar later, het Piketberg 52 lede en is die VLV van die oudste verenigings wat nog steeds bestaan!

 

VLV-lede woeker en werk van die huis af!  Aangesien vergaderings eers voorlopig gekanselleer is;  help baie lede nou in die gemeenskap waar hulp benodig word.

 

Sowat 10 lede het in die begin van die inperking gehelp om lapmaskers te maak;  ander het vir BADISA gehelp sop kook;  verder is daar ook ‘n projek waar pap (elke weeksoggend) vir hawelose mense voorsien word.

 

Dan het heelwat lede ook kom help om 4 000 kospakkies, oor 2 dae in die kerksaal te pak.

 

Baie Geluk met die tak se 88ste Verjaarsdag!!

Hier is foto’s van die lede soos hul tydens Vlak-4 van Inperking by die huis tee en koek geniet het tydens die tak se verjaarsdag!