Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 6 Mei 2020
Die eerste week van 2020 – Fase 4 Inperkinge sal beslis in die Kleinbrak-tak geskiedenis, as “brood-bak-week” moet bekendstaan. Verskillende variasies van die gewilde roer-brood resep is op die sosiale media groep gedeel, uitgetoets en geniet. Vir die bedrewe bakkers wat dit net nog ‘n lekker broodjie, maar vir ander (soos de uwe), was dit die eerste brood ooit en het die voltooide produk gewissel tussen beslis suksesvol tot minder suksesvol. Nietemin is alle foto’s met trots gedeel.
Met die aanvraag na maskers steeds hoog, bly die maak daarvan ‘n prioriteit en lede bly ook deurlopend plastiek proppies vir herwinning bymekaarmaak. Die Kleinbrak-tak is positief bedrywig met kreatiewe en opbouende projekte, maar sien ook uit na die dag wat ‘n koppie koffie weer met VLV-vriendinne gedeel kan word.
Leave A Comment