Sirkel: SWD

Tak: Klein-Brakrivier

Portefeulje: Kunste en Handvlyt, Leefstyl

Beriggewer: Lydie Terblanche

Datum: 24 April 2020

 

In die laaste skof van Fase 5 nasionale inperking hou die VLV Kleinbrak tak, soos mens kan verwag van vlytige vroue, steeds hulle hande besig. “Ledigheid is (immers) die duiwel se oorkussing”. Daar word elke dag belê in vroue en plastiek bly ons vyand.

 

         

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die tak-byeenkomste mag dalk afgestel wees, maar die tak-projekte gaan voort. 2020 se hoofprojek is om welwillendheid te bevorder deur aandag te gee aan gemeenskap behoeftes.  Maskers bly in groot aanvraag, en hiermee is lede werklik besig. Dit word versprei in die plaaslike gemeenskap.

 

   

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die ondersteunings-projekte, die insameling van plastiek proppies en brood knippies vir die Sweetheart Foundation se rolstoel projek, vorder fluks. Verder word pragtig kombersies vir behoeftiges vir diere-kinders gemaak wat einde Mei oorhandig gaan word.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Natuurlik moet lede ook in oefening bly vir jaareinde se ope afdeling kompetisies wat steeds voorlê. Behalwe masjien-, hekel- en breiwerk word daar gebak, resepte uitgetoets, handvlyt met oorgawe aangepak en hard gewerk om selfoon foto’s te verbeter. Tuine word natuurlik ook nie afgeskeep nie, want dit is goeie ‘sielekos’.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Volgende maand berig ons weer oor Fase 4.