Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Kunste en Handvlyt, Leefstyl
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 23 Maart 2020
Ten spyte van die virus en die gepaardgaande uitdangings daar rondom, het die Kleinbrak-tak se lede nie in Maartmaand stilgesit nie. Baie het inspirasie wat tydens die Februarie mini-werkwinkels gekry is, aangewend om kunstig te verkeer, soms selfs terwyl daar na kleinkinders gekyk word.
Ander het tuinprojekte aangepak, konfyt gekook of hekel- en breiwerk gedoen. ‘n Hele paar lede het ingespring om maskers, wat in groot aanvraag is, te maak.
Leave A Comment