Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Opvoeding en Kultuur
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 19 Maart 2020
Opvoedingdames het te midde van moeilike tye besluit om ‘n ontspanne byeenkoms te hou en ons breine bietjie te laat werk.
Sarita Kitching het vir ons “Oppi Perare” van Adam Smal, gebore in Wellington, kom voordra en uitbeeld. Ons het daarna in twee groepe verdeel en ‘n heerlike algemene kennis vasvra gehou.
Dit het vrae soos:
Hoeveel km is een ligjaar,
Wat is een drukkersmaat,
Wat is ‘n Pomoloog,
Wat is ‘n Mikoloog,ens. ingesluit.
Ons is verder vermaak met ‘n keurspel van Afrikaanse volksliedjies gesing deur ‘n besoeker en een van ons lede. Interne kompetisies is ook gehou en baie goed ondersteun.
Voorwaar ‘n heerlike ontspanne oggend.
Afrikaanse liedjies word gesing
Kompetisie artikels
Leave A Comment