Sirkel: Middelland

Tak: Aberdeen

Portefeulje: Kunste & Handvlyt

Beriggewer: Lea van der Vyver

Datum: 19 Maart 2020

 

Aberdeen VLV se Maart 2020 byeenkoms is ‘n ware lafenis vir die siel.  Te midde van die spreekwoordelike donker wolke van die Covid-19 virus wat begin saampak, kom die vroue op die plaas Platdrif by Annalie Lategan, Saamroeper Kunste & Handvlyt, byeen.  Dis ‘n pragtige windstil dag en die wêreld is groen na goeie reën teen die berge rondom Aberdeen.  Stoele is uitgepak onder die koeltebome in die tuin.

 

Lea van der Vyver verwelkom die lede, vyf besoekers en ook een nuwe lid, Sonette Müller.  Sy open met ‘n stukkie getiteld “Kies teen vrees” – groei in die moeilike tyd nader aan God, leef Sy liefde uit en bid vir Sy bonatuurlike vrede en leiding.

 

Na bespreking van ‘n paar VLV sake, vertel Annalie Lategan meer oor die lewe van die romanskrywer André P Brink.  Hy was ‘n briljante skrywer wat talle boeke geskryf het.  Annalie lees voor uit sy boek getiteld “Potpourri”, wat hy in Parys geskryf het.

 

Daarna demonstreer Annalie, met die hulp van Estelle van Wyk, verskillende pottebakkersklei handtegnieke, asook hoe om met die wiel te werk.  Sy verduidelik hoe die klei voorberei moet word, asook verskeie belangrike aspekte om in ag te neem terwyl jy werk.

 

Sonette Müller en Petro Marx wen die gelukkige trekkings van die dag.  Verversings word keurig op die stoep voorgesit deur Annalie Lategan en Carina Esterhuizen en daar word nog in die tuin gekuier en belangrike sake van die dag bespreek.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pottebakkersklei demonstrasie op die wiel deur Annalie Lategan

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Kleipot op die wiel

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Handtegniek demonstrasie deur Estelle van Wyk

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Groepsfoto: Agter vlnr: Magrietha Olivier, Annalie Lategan, Estelle van Wyk, Lucille van der Merwe, Luise de Jager, Sonette Müller, Elise Steynberg, Heidi Lombard, Elna van Niekerk, Lea van der Vyver.

Voor vlnr: Heather Grewar, Petro Marx, Wendy Stuart, Carina Esterhuizen, Adele de Jager, Talana Verwey,

 

 

Tuin

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Verversings

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 Tuin