Sirkel: Middelland

Tak: Acqua

Beriggewer: Natania Schmidt

Datum: 16 Maart 2020

 

Nog nooit vantevore het ons die lewe ervaar soos wat ons nou doen nie. ‘n Vreemde tyd. ‘n Anderse realiteit. Daar’s geen presedent vir die virus of omstandighede nie. So groot soos die wêreld is, so klein het dit nou geword. Algar, oral oor, is in dieselfde bootjie.

 

Acqua se Kunste & Handvlyt vergadering, wat op 18 Maart 2020 sou plaasvind, is gekanselleer. Beslis ‘n eerste. Helaas nie die laaste keer wat die knie gebuig moet word voor iets wat baie, baie groter is as ‘n aand van VLV-samesyn nie. Die volgende samekoms, wat ‘n Leefstylvergadering sou wees, is veronderstel om op 8 April plaas te vind. Aangesien Suid-Afrika se tydperk van inperking eers om middernag van 16 April tot ‘n einde kom, sal ook die Leefstylvergadering op ‘n later datum plaasvind.

 

Gelukkig is daar geen inperking op die kuberruim nie. Ons kan steeds met mekaar kommunikeer. Dis nou wanneer ons nie nuwe resepte probeer of kaste regpak nie.

 

Ons sien reikhalsend uit om post-Corona mekaar weer in die oë te kan kyk. Almal gesond, uitgerus en uitgespaar.