Sirkel: Paarl
68 ste Konferensie
Beriggewer: Marinda Rall
Datum: 12 Maart 2020
Sirkel Paarl het 12 Maart hul 68ste konferensie gehou te Stellenbosch met die Stellenbosch tak as aanbieder. Die saal was pragtig versier met die tema “Kleurvol, in die kol” en geskenksakke , glinsterende balle en kleurvolle servette het die tafels versier.
Die hoofspreker was Mnr Corne Swart, President van Agri Weskaap, met die tema “Belê in Vroue”. Hy vra dat vroue nou moet saamwerk met die Landbousektor. Die landbou het vroue nodig. Die President, Marinda Rall, lewer ‘n volledige verslag oor die afgelope jaar se werksaamhede en vra dat elke lid lojaal moet wees aan haar tak en sirkel.
Die nuwe “lekkersing” VLV lied word gesing, en Marthie Swiegers, voorsitter van Stellenbosch tak, en haar lede laat elkeen baie welkom voel met ‘n heerlike tee, ete en vrugte en ‘n spog nageregtafel.
Ander sprekers was, Berdine Spangenberg vir Gesondheid. Sy het klem gelê op sonskermmiddels en gesigsorg veral die van Eucerin produkte. Nog ’n spreker was Amelia Heyns van Wieta, ‘n organisasie wat hul beywer vir regverdige, respekvolle en etiese samewerking in die uitvoerbedryf. Saamroepers gee waardevolle wenke deur.
Agri Stellenbosch se mnr Steven Cronje heet die sirkel welkom in Stellenbosch en skenk aan elkeen ’n klein Spekboompie. Me Sonja Hellinger(Landbou) vertel hoe sy as vrou alleen die mas opgekom het met haar perdeteling en sy lê klem daarop dat vroue wel ‘n verskil kan maak. Sy verwelkom ons namens vroue in die landbou.
Daar was pragtige uitstallings en ‘n hoekie spesiaal vir die neem van fotos vir “in die kol”. Die Klankman en sanger, Wilco van Wyk, laat die afgevaardigdes met sterre in hul oë met sy pragtige sing van “Liefling” en deel ook rose uit aan die dames.
Paarl Sirkel kyk terug op ‘n suksesvolle en leersame konferensie.
Leave A Comment