Sirkel: NOK

88ste Konferensie

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 14 Maart  2020

 

Vanjaar se NOK Konferensie is op 14 Maart 2020  in Sterkstroom se NG Kerksaal gehou. Die opening is waargeneem deur Maranja Jordaan, wat uit Rom.5:3-5 aangehaal het en met ‘n pragtige verhaaltjie oor 2 persone se verskillende tuine geïllustreer het dat ‘n mens hard moet werk om dinge te bekom. Vroue as opvoeders moet die mense óm ons help om sterk wortelstelsels te ontwikkel – eerder as om alles maklik te kry. Spiere wat geoefen word, kry seer, maar dis juis hierdie oefening wat hulle sterk maak. Vriendskapskerse is aangesteek vir NOK (deur Sirkelpresident Irma Davel), en vir Sterkstroom VLV-tak asook  vir vanjaar se land wat bestudeer word (Switserland) deur Opvoeding & Kultuursaamroeper Adele Richardson.

Die ontvanger van Sirkel NOK se Mossie Groblerbeurs is ons eie Sirkelpresident Irma Davel, wat met haar doktorale studies besig is! Beoordelaarsverslae oor die kompetisies is gelewer deur Saamroepers Megan Moorcroft (Leefstyl),   Irma Davel (Kunste & Handvlyt), en Lenie Fourie (Land- en Tuinbou), asook Blomme-beoordelaar, Marie Pretorius van Molteno.

Die hoofspreker was Daniël de Kock motiveringspreker, predikant, sielkundige, fotograaf, sakeman, uithaler-kok en entrepeneur van Kaapstad. Using the theme of “Belê in Vroue / Invest in Women” he said that you must believe in yourself AND invest in YOURSELF! He used Proverbs 31:10-31 to highlight the WAA Woman. You are your own biggest enemy – equals “constipation of the mind”! Respect yourself – dress nicely and wear make-up. Renew your thoughts and allow God to use you. Don’t be lukewarm. Make a choice, Take a chance, and Change your life. If you don’t live with a purpose (have a target), you won’t  hit ANYTHING! Flower where you are planted. How do you feel about yourself? THAT will determine your outlook on life. Don’t be dependent on other people’s opinion. The future belongs to those who see possibilities in the future. LIVE Gal.5:22!

Deurlopend het afgevaardigdes die geskiedenis van uitgestalde oudhede gedeel. Die Presidentsverslag was in die vorm van ‘n saamgesels oor wat VLV in die vroue se lewe beteken. Alle afgevaardigdes moes blikkies kos bring wat toe aan Bruce Dicks’ Church se liefdadigheidsprojek geskenk is. Alle takke het ook “Vroetelwurms” gebrei en geskenk, wat deur Sterkstroom-tak aan Alzeimer-pasiënte by ‘n Aftreeoord in Queenstown geskenk is. ‘n Vroetelwurm bestaan uit wol van verskeie teksture, asook knope en sleutels wat daarop vasgewerk is om sensoriese gewaarwordings te oefen.

Hulde is gebring aan 2 inwoners van Sterkstroom, nl. VLV-lid Mary Botha, en Sakevrou Louise van Heerden, vir haar bydrae in die gemeenskap en ook aan VLV. NOK gee elke jaar by Konferensie aan die gasvroutak ‘n boom om te plant, en Landbousaamroeper Lenie Fourie het ‘n Lemoenboom aan takvoorsitter Adele Richardson  oorhandig. Antjie Corbett van Queenstown is al 50 jaar lank lid van VLV, Elaine de Wet van Sterkstroom 40 jaar, en Norma Kotze van Lady Grey 35 jaar. Sirkelpresident Irma Davel het Diensknopies aan hulle oorhandig. Marianne le Roux van Ugie is die nuwe Opvoeding & Kultuursaamroeper in Adele Richardson se plek, en het haar Portefeuljeknopie ontvang. Adele skuif oor as Hulp vir die Kunste & Handvlytsaamroeper.

There was entertainment too! Megan Moorcroft and Pauline Roberts played a duet on the piano, and Janet Botha, a schoolgirl from Burgersdorp also performed a solo on the piano. The convenors of Public Affairs and of  Lifestyle, Marieka Bekker and Megan Moorcroft, combined their presentations and asked the very competent  judge, Izak van Heerden of Sterkstroom, to share his life’s story. His motto: You are never too old to learn something new!

Pryse is oorhandig deur een van Sterkstroom se Dankie Sê-Persone, 86-jarige veteraan-VLV-lid: Mary Botha. Op TOTALE PUNTE het die takke soos volg presteer: 1. Lady Grey; 2. Dordrecht; 3. Sterkstroom; 4. Queenstown; 5. Ugie; 6. Molteno.

Die volgende was mees-uitstaande artikels en trofees is daarvoor uitgedeel. LEEFSTYL: Megan Moorcroft (Sterkstroom) vir haar Masjienwerk, & Anna van Niekerk (Dordrecht) vir haar Brei-&Hekelwerk, asook Polla de Klerk (Ugie) vir Gebak;  KUNSTE: Irma Davel (Molteno) vir haar knope-artikel, asook BLOMME: Retha Peens & Isabel du Toit; LANDBOU: Charmaine Cloete (Lady Grey) vir haar Plakkerskamp. Die trofee vir die meeste inskrywings is verower deur Lenie Fourie van Dordrecht.

 

Sirkelsekretaris Antoinette van Pletzen, Gasspreker Daniël de Kock en Sirkelpresident Irma Davel

 

NOK se VLV-Sirkelbestuur: Voor Adele Richardson, Irma Davel (Sirkelpres.), Isabel du Toit (Tes), Antoinette van Pletzen (Sekr); Middel Megan Moorcroft & Retha Peens; Agter Lenie Fourie, Helen Noorman, Marieka Bekker, Wanda Barnes.

 

Maranja Jordaan, Mary Botha & Adele Richardson. Mary is VLV Sterkstroom se Dankie Sê-persoon, en het ook die pryse oorhandig.

 

Vroetelwurms vir Alzeimer-pasiënte

 

 

Landbousaamroeper Lenie Fourie (regs) oorhandig ‘n Lemoenboom aan Sterkstroom VLV se voorsitter, Adele Richardson

 

Nuwe Opvoeding & Kultuursaamroeper Marianne le Roux (regs) saam met haar voorganger, Adele Richardson