Sirkel: Tygerberg:

Tak: Durbanville

Portefeulje: Openbare Sake

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 12 Maart 2020

 

 

Fiffie Meyer van Eskom, het met ons kom praat oor beurtkrag, wat vandag ‘n baie relevante onderwerp is. Beurtkrag gaan oor balans in die netwerk. Die toevoer en aanvraag moet gebalanseerd wees. Die frekwensie moet 50 Hertz wees. As die aanvraag te groot is, gaan die frekwensie af en as dit 49.3 hertz is, gaan die alarms af.

Opsies: 1. Skakel meer eenhede aan

2. Stel beurtkrag in

 

As bogenoemde opsies nie uitgevoer word nie, gaan alles af. So ‘n ineenstorting van die netwerk neem twee weke om te herstel.

 

Die oorsake van beurtkrag word bespreek en ook die beurtkragproses. Daar is verskeie kritiese instellings soos bv die brandweer, lughawens, treine, waterpype, polisie, en hospitale.

 

Ester de Bruyn, ons takvoorsitter staan by Fiffie Meyer

 

Dan bespreek sy wat jy als kan doen soos bv. maak seker jou selfoon is gelaai, bêre warm water in ‘n fles, belê in led flitse, maak kos voor die tyd, hou yskas/vrieskas deure toe. Verder sal dit goed wees as jy in UPS batterye belê, en stoor werk waarmee jy besig is op rekenaar. Belê in “surge protection”, maak motorhuis se deur los, maak elektriese hek los en hou klein gasbottel of primus byderhand.

 

Sy bespreek ook die huishoudelike toebehore wat die meeste en minste krag gebruik  en wat jy kan doen om te help. Beurtkrag word net gebruik tydens noodgevalle vir kort tye, en word in 2 uur blokke ingestel. Soweto kry gratis krag.