Sirkel : Overberg
Tak : Hermanus
Portefeulje : Kunste en Handvlyt
Beriggewer : Diana Lambrechts
Datum : 4 Maart 2020
Kunste en Handvlyt het met die Maart-vergadering die lede vergas op ‘n musiek vergadering.
Spreker van die dag, Anneline Hugo, leef musiek en vertel sy het op 5 jarige ouderdom haar eerste elektriese klaviertjie gekry. Sederdien maak sy musiek en het nog nooit opgehou nie. Die dwarsfluit het bygekom en sedert 2014 het sy ook begin komponeer.
Ps 59.16 “ I will sing joyfully of Your loving kindness in the morning” is haar Whats App groet .
Anneline verduidelik die waarde van musiek in ‘n mens se lewe.
Musiek is werlik die medisyne van die brein, dit versterk die paadjies van die brein. Die linker analitiese brein en die kreatiewe regterkant van die brein skakel met mekaar deur middel van musiek. Spanning en angstigheid word verlaag deur die afskeiding van dopamien die “feel good hormone”.
Pyn word verlig en geheue verbeter tydens die luister van musiek. Dit prikkel die emosionele respons passie, heimwee en vreugde.
Dimensie en Alzheimer pasiënte baat deur na musiek te luister en dit is dikwels die enigste manier waarmee terapeute met die pasiënt kan werk.
Die verskillende elemente harmonie, melodie en ritme dra by tot die geheel van die musiek.
Sy raai lede aan om altyd musiek in hulle voertuie te luister terwyl hulle ry. “Never underestimate the therapeutic power of driving and listening to very loud music”
Anneline neem die vergadering deur ‘n nostalgiese reis van musiek, wat sy deur die jare graag gespeel het. Die vergadering maak ‘n speletjie daarvan om te kyk wie die eerste die wysie herken.
Anneline sluit af met die volgende aanhaling:
Music is God’s gift to man, the only art of Heaven given to earth, the only art of earth we take to Heaven – Walter Landor.
Leave A Comment