Sirkel: Middelland

Tak: Steytlerville

Studierigting: Kunste en Handvlyt

Beriggewer: Henda Kleynhans

Datum: 11 Maart 2020

 

Woensdagmiddag, 11 Maart, was dit behoorlik KUNS  by die Steytlerville VLV!!

 

 

 

 

 

 

 

By die deur is die lede begroet met van die mooiste afdrukke van Vincent van Gogh se skilderye. Me. Henda Kleinhans het ons meer vertel van sy lewe en sy tragiese dood op 37 jarige leeftyd. Dis eers ná sy dood dat sy kuns tot sy reg gekom het. Sy skildery ”Sonne-blomme”, een van sy mooistes, is tans te sien in die National Gallery in Londen.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Me.Erna Buber de Villiers bied vervolgens die saamdoen- aktiwiteit aan en leer ons om groetekaartjies te maak m.b.v. waterverf. Sy demonstreer die tegniek en almal spring entoesiasties aan die werk. Pragtige kaartjies het die lig gesien.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Daarna verwelkom ons vir mnr. Morné van Schalkwyk.Hy kom praat met ons en demonstreer die hang van skilderye, met die klem op ‘n fokusmuur. Die geheim is om te meet en wéér te meet. Plak maskeerband, wat skadeloos verwyder kan word en bepaal die middel van jou muur. ‘n Goeie idee is om eers jou kunswerke op die vloer te rangskik. Neem die volgende in ag: vorm, balans, kleur en tekstuur. Onthou dat die paadjies tussen die skilderye 5tot 8cm breed moet wees.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Wat ‘ n heerlike, leersame middag! Ons was lus om saam met Langenhoven uit te roep: Gister was ek arm, maar vandag is ek ryk!!