Sirkel: Overberg

Tak: Bredasdorp

Beriggewer: Letty-Ann Möller

Datum: 11 Maart 2020

 

Hoogtepunt vir VLV Bredasdorp-tak by Villiersdorp Sirkelkonferensie:

11 Maart 2020 was my eerste konferensie as afgevaardigde van VLV Bredasdorp en wat ‘n hoogtepunt was dit nie!  VLV Bredasdorp-tak het 11 van die 19 trofees gewen.

 

Hierdie trofees sluit in die Sirkelpresidentstrofee vir die beste voorsitter, die Sirkelpresident se trofee vir die beste tak, die tak met die meeste ingeskrewe artikels, die  trofee vir die mees uitsonderlike borduurwerk én vir die mees uitsonderlike kuns.

 

Annette van Eeden, die voorsitter van VLV Bredasdorp –tak, hier op die foto by Rienie Ludick, Overberg Sirkelpresident, dankie vir die projek wat julle op Bredasdorp aangepak het , die wolspinprojek.  Dit word met groot opgewondenheid deur die plaaslike gemeenskap ontvang en Annette, ons is geweldig trots op jou en al ons lede.

 

Erna Visser, middel, is vanjaar  weer eens die wenner van die  trofee vir die mees uitsonderlike borduurwerk en sy was aangenaam verras om te hoor haar batik het gewen.