Sirkel: Weskus
88ste Konferensie
Beriggewer: Maggie Enever
Datum: 4 Maart 2020
Die 88ste Konferensie is gehou te Langebaan op 4 Maart 2020.
Skriflesing en gebed is deur pastoor Ryno van der Bergh behartig waarna Mnr. Marius Koen, Burgemeester Saldanhabaai Munisipaliteit, en Mnr. Boffie Strydom, Onderburgemeester Weskus Distrik hulle groeteboodskappe oorgedra het.
Hoogtepunt van die Konferensie is die besoek van die VLVK-president Mev. Karien van Schalkwyk en die oordra van haar groeteboodskap. Dit was ‘n voorreg om haar in Sirkel Weskus te ontvang.
VLVK-visepresident Mev. Estelle du Plessis en VLVK-president Mev. Karien van Schalkwyk
Die gasspreker was Dr. Pieter van Jaarsveld. Die onderwerp, Belê in vroue, is op baie energieke en humoristiese manier oorgedra. Punte wat onder andere bespreek is: Dankbaarheid, goeie verhoudings, vergewensgesindheid, liggaamlike gesondheid, goedhartigheid en humor. Hy is ‘n baie gewilde spreker. Sy boek “Dink jouself gelukkig” is te koop aangebied.
Dr. Pieter van Jaarsveld
Brenda van Straten – Mercy Ships.
Mev. Brenda van Straten, Nasionale direkteur van Mercy Ships, lig die Konferensiegangers in aangaande die goeie werk van die Mercy Ships-bediening. Aangrypende verhale van die gratis behandeling wat aan Wes-Afrika pasiënte gelewer word en hoe dit hierdie armste van die armste, wat nie toegang tot mediesedienste het nie, se lewens positief beïnvloed. ‘n Donasie vir Mercy Ships is tydens die Konferensiesitting ingesamel en aan Mev.Brenda van Straten oorhandig.
Mev. Annalie Strydom en lede van Langebaantak bied ‘n modeparade met bykomstighede uit Anni se markie, aan.
Maggie Enever lig die lede in oor die Pelican Watch Program en die rol wat vrywilligers speel in die bewaring van Malgas-, Swartrugmeeu-, sowel as Trek-, Bank- en Kuifkopkuikens. Sy deel haar ervaring tydens die 2019/2020 broeiseisoen op Malgaseiland.
Lede is getrakteer op uitstaande musiekitems gelewer deur: Eric Gerber en Felecia Roux, klavier- en vioolduet sowel as Damon de Foglio, op kontrabas en kitaar, en Monique van der Merwe, viool.
Langebaantak het die 10/10 trofee verower vir volgehoue en goeie Takorganisasie.
Kompetisies: Portervilletak word aangewys as die algehele wenner in die kompetisieafdeling.
Mev. Elsabe Carstens (Sirkelsekretaris) Mnr. Marius Koen (Burgemeester Saldanhabaai Munisipaliteit), Mev. Estelle du Plessis (Sirkelpresident, Sirkel Weskus) en Mnr. Boffie Strydom (Onderburgemeester Weskus Distrik).
Mev Joline Russouw (Sirkelsaamroeper: Leefstyl) en Mev. Annalie Strydom (voorsitter Langebaan) saam met die modelle.
Kersseremonie. Mevv.Marry-Ann van Schalkwyk, Joline Russouw, Nicoline Brown, Maggie Enever, Marie Grobbelaar en Elize Knoetze
Klankoperateur: Annamarie de Kock
Leave A Comment