Sirkel: SWD

Tak: Voëlvlei

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Ada Gericke

Datum: 28 Februarie 2020

 

VLV Voëlvlei neem vrouegesondheid onder die loep

 

Met 36 lede teenwoordig, het Voëlvlei se VLV-tak op Gouritsmond vergader vir hulle Februarie- vergadering.

Gesondheid was aan die beurt vir die maand en Lilian Marais, fisioterapeut van Mosselbaai, het die dames op ‘n baie interessante wyse ingelig oor vrouegesondheid.

 

Die menslike liggaam het ‘n wonderlike manier om self te herstel.  Die waarde van oefening in die proses mag nooit onderskat word nie.  Die dames is gewys op die regte oefeninge vir onder andere die pelviese vloer, vir balans, vir stres wat dikwels die oorsaak is van hoofpyn en ook vir die versterking van die boudspiere en nek.   Dit is belangrik om oefeninge te doen  wat vir jou werk, bv. dans, lag,  enige beweging soos stap, swem en ook om te ‘wink’.  Wanneer oefeninge vir jou stres veroorsaak, moet jy liewer iets anders doen waarvan jy hou.

 

Pyn is iets wat dadelik aangespreek behoort te word.  Die brein reageer op pyn en jou denke beïnvloed die herstel van die deel van die liggaam waar dit pyn.  As pynstillers eerste gebruik word, en die pyn verdwyn, begin die liggaam self sy eie herstelproses.

 

Verder is die dames geleer hoe om reg te buk en iets op te tel.  Lilian het ook die proses van spieëlbehandeling vir beroertepasiënte verduidelik – iets wat almal baie interessant gevind het. Die waarde van goeie en genoeg slaap is ook beklemtoon.

 

Die lede het ook baie fluks deelgeneem aan die kompetiesies .  Tot 18 inskrywings per item is ingeskryf.  Asemrowende  rangskikkings met vetplante het die beoordelaar se werk baie moeilik gemaak.  So ook die interessante piekniekslaaie in bottels.  Vrugtelekkers en oortreksels vir elektriese apparate was ook op die kompetisiespyskaart.

 

Na ‘n baie aangename vergadering is die lede weer opnuut aangevuur vir die Maart-byeenkoms.

 

 

 

vlnr Lilian Marais en Ada Gericke

 

 

 

   Sandra Nolte vlieg vir balans

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Rangskikking van vetplante

 

 

 

 

 

 

  Piekniekslaai in ‘n bottel