Sirkel: SWD
Tak: Klein-Brakrivier
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Lydie Terblanche
Datum: 25 Februarie 2020
KLEINBRAK VLV-TAK: KLEURVOL EN KREATIEF
Hope pret, baie inspirasie, kuier, koek, kunstig- en kreatiewe samesyn! Dit kan alles Kleinbrak VLV-tak se Kuns-portefeulje byeenkoms op Dinsdag 25 Februarie beskryf.
Delville du Plessis het namens die tak almal by haar prag teetafels verwelkom terwyl inspirerende vroue uit die gemeenskap hulle vaardighede en passies met lede en gaste gedeel het.
Die talentvolle Val Thomson (ook lid van die Groot Brak Bewaararea), het die basiese beginsels van paper mache aangebied as deel van die voorbereiding vir die jaar-end masker kompetisie.
Pragtige Layla Belle Davies, self ‘n pryswenner van refleksie fotografie, het selfoon foto-wenke gegee en was ook die amptelike fotograaf wat die dag vasgelê het.
Kreatiewe en altyd inspirerende Marietjie Bam, oud VLV-lid, se tafels vir elke geleentheid het almal gaande gehad.
Kunstige Rolina Lerm, Oudshoorn VLV-lid, het pragtige tuin loop-klippe gemaak.
Comien Kok van Mos-Mooi in Kleinbrak, altyd gewillig en betrokke by die gemeenskap, het dames ‘n verskeidenheid verftegnieke geleer.
Stylvolle Petro Botha, bekende in Mosselbaai het die gewilde “Dutch Pouring” werkwinkel, wat hope aandag getrek het, aangebied.
Sprankelende Edna Myburgh, bobaas koekbakster, het die allermooiste cupcakes versier en saam met Ina Greef, lede se pogings beoordeel.
Die dag het beslis vrouwees in al sy fasette gevier!
Deville by haar prag teetafels
Vriendelike Rolina gesels oor tuin loop-klippe
Comien Kok en Marietjie Bam is ou vriendinne
Ina Greef beoordeel die tak se cupcakes
Petro Botha maak gereed vir haar ‘Dutch Pouring’ werkwinkel
Gerda, een van Kleinbrak Tak se lede, druk besig met haar ‘Dutch Pouring”
Comien in aksie by haar handvlyt verftegniek werkwinkel
Daleen Cloete, Kleinbrak Tak-lid, doenig by Comien se tafel
Een van Rolina se pragtige loop-klippe
Fotograaf Layla Belle Davies
Edna Myburgh van die cupcake werkwinkel, gesels met Lichen, een van die gaste
Leave A Comment