Sirkel: Weskus

Tak: Velddrif

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Cornelia van Dyk

Datum van gebeurlikheid: 18 Februarie 2020

 

 

Johan Moolman, die Apteker, kom lig ons in oor diabetes.

Elke 15 sekondes sterf iemand aan diabetes.

Daar is twee tipes diabetes naamlik, diabetes1 en diabetes 2.

 

Bloedsuiker styg wanneer jy eet, sodra bloedsuiker vlakke verhoog, skei die pankreas insulien af, wat bloedsuiker vlakke verlaag.

Insulien help die liggaam om glukose op teneem.

Diabetes 1:

Die liggaam vervaardig nie insulien nie, dit kan wees as gevolg van skok of genetika.

Glukose vlakke kan nie gereguleer word nie, en moet die pasiënt inspuitings gebruik vir regulering.

Diabetes 2:

Hierdie tipe is baie algemeen, tussen 90% en 95% van mense het hierdie tipe diabetes.

Die liggaam produseer insulien maar kan dit nie opneem nie. Bloedsuiker vlakke bly hoog.

Dit is oorerflik.

 

Apteker: Johan Moolman

 

Simptome:

Baie keer is daar geen simptome nie.

  1. Moegheid
  2. Oë wat blur
  3. Lus vir soetgoed
  4. Snaakse sensasie in die hande en voete
  5. Vel verkleur donker onder die arms, privaat dele en agter die nek.

Hierdie is ‘n stil moordenaar wat organe aanval.  Te hoë bloedsuiker vlakke kan lei tot ‘n koma.

 

Komplikasies:

  1. Hart bloedvat skade   –   Hartaanval
  2. Oë   –   geneig tot katarakke
  3. Niere
  4. Senuwee stelsel    –    geen gevoel in hande en voete
  5. 5 keer hoër risiko vir hartsiektes, beroertes en blokkasies van are in bene en voete
  6. Hoër risiko vir infeksies
  7. Volgens die WGO is die oorsaak van Hartsiekte, blindheid, nierversaking  en die amputasie van bene hoër by die hoë inkomste groepe.

Wat kan jy doen:

  1. Kyk vir simptome in die mense rondom jou
  2. Verwys mense met simptome na die dokter
  3. Moenie raai oor bloedsuiker nie, laat dit 1 of 2 keer per jaar toets.
  4. Simptome lyk dieselfde maar word verskillend behandel, moenie iemand anders se pille drink nie

Albei tipes diabetes is lewensgevaarlik.

 

 Vlv lede sing

 

Donasie vir Kanker