Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Gesondheid
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 20 Februarie 2020
Februarie was gesondheidsmaand vir Wellington-tak.
Madelein Kritzinger, ‘n arbeidsterapeut het haar passie vir rehabilitasie met ons kom deel. Arbeidsterapie is ‘n mediese professie wat nie net na die fisiese rehabilitasie en onafhanklikheid van pasiënte omsien nie, maar ook hulle lewenskwaliteit wil verbeter. Arbeidsterapeute werk nou saam met fisioterapeute. Fisioterapeute werk meer met die spiere en arbeidsterapeute met die mens se senuwees. Dinge soos liggaamshouding en omstandighede speel ook ‘n rol by die pasiënt se rehabilitasie.
Gestremdheid, Artritus, beserings en selfs groot operasies speel ‘n groot rol in mense se funksionaliteit en vervolgens hulle lewenskwaliteit. Arbeidsterapeute help hulle om die eens maklike take weer te kan doen, na bv. ‘n knievervanging, beroerte of selfs ernstige ongeluk.
Die volgende is eenvoudige wenke wat gevolg kan word:
- Tuinmaak- Sit plat of op knieë; verleng die skêr of grafie se handvatsel; sit nader aan die bedding; draai dwars as jy wil opstaan; gebruik kleiner emmer as jy water aandra.
- Kombuis- Gebruik lepels en messe met langer handvatsels; ruil jou kaste om sodat die swaar items nie so laag gebêre is nie
- Bedopmaak- Maak reguit die vingers; gaan effens af op knieë as jy die laken insteek; lig die matras met dik boek en trek net na die tyd die boek uit.
Die hoofdoel van rehabilitasie is onafhanklikheid van die pasiënt, maak nie saak hoe oud of jonk die persoon is nie.
Die oggend is afgesluit met maklike 10 minute oefeninge wat sal help dat ons spiere nie pap word en ons funksioneel sal bly.
Leave A Comment