Tak: Vredendal

Sirkel: Namakwaland

Portefeulje: Opvoeding En Kultuur

Datum: 20 Februarie 2020

Beriggewer: A Beelders

 

Kinderontwikkeling en – Stimulering

 

Mevrou Lena Coetzee, arbeidsterapeut, het met die plaaslike VLV gesels oor bogenoemde onderwerp.

 

Die ontwikkeling van ‘n pasgebore baba tot so 3 jaar is hoofsaaklik van primitiewe reflekse van beweging – oë en greep tot meer spesifieke groot motoriese bewegings – ontdek sy hande, rol om, kruip, opstaan teen meubels, onafhanklik sit. Later begin fyn motoriese ontwikkeling en speelding vashou, voorwerpe in ‘n houer sit, dan onafhanklik loop, trappe klim as hand hou vas en groot bal vang. Begin kryt hanteer en krabbel. Dit is hoe groot motoriese vaardighede verfyn word. Die voorskoolse kleuter het ‘n onuitputbare bron van energie en beweging bring groot genot – dit dra by tot sy totale ontwikkeling. As ‘n kleuter sy liggaam met selfvertroue gebruik gaan hy met groter gemak deur die lewe; hy waag meer en ontdek dit lei tot ‘n positiewe selfbeeld wat kommunikasie bevorder. Hier raak die inset van ouers en groot ouers belangrik. Hulle het ook ‘n groot behoefte aan erkenning. Op 5 jaar het ‘n kleuter al ‘n magdom kennis en vaardighede met sy liggaam en bewegings ingewin ook spiere ontwikkel asook balans en koördinasie. Dit bring ook mee ‘n goeie liggaams-houding  sodat hy nie so gou moeg word en beter aandag bepaal en gedagtes orden.

 

Geleidelik ontwikkel ook die fyn motoriese met aantrek, eet, teken, knip, blokkies bou, legkaarte. Dit is hoe fyn spiere geoefen word asook greep en koördinasie. Oog-hand koördinasie word bevorder met bal-spele, knip, plak, inkleur en skryf. Terselfdertyd ontwikkel spraak en taal deur gesprekke, stories te lees – dit stimuleer denke en redenasie. Moedig kleuter aan om gedagtes uit te spreek en antwoord vrae akkuraat, maar verstaanbaar. Met versies, liedjies en stories word die verbeelding gestimuleer en begin hul tussen feite en versinsels te onderskei. Kleuters ontwikkel ook onafhanklikheid deur byvoorbeeld self versorging, eet, smeer met ‘n mes, tafelmaniere, higiëne, algemene takies, boodskappe, troeteldier-versorging, waarde van geld. Spelontwikkeling ook belangrik met maats wat sy vaardigheid en belangstelling deel. Leer deel, omgee en sosialiseer op aanvaarbare manier. Deurlopend deur al hierdie ontwikkelingsfases is kommunikasie en aandag belangrik.

 

Lizette se liedjie – Kyk met jou hart, nie met jou oë – som ‘n ouer, ouma, versorger se omgee en insette so mooi op.

 

Jy hoef nie ‘n hoogs gekwalifiseerde terapeut te wees om ‘n voorskoolse kind te stimuleer om ‘n goed aangepaste jong mens te word nie.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Pauline Bothma en Anneline Beelders

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lena Coetzee en Elmarie Fouche