Sirkel: Paarl
Tak: Malmesbury
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Christine van Zyl –
Datum van vergadering: 19 Februarie 2020
Malmesbury het oudergewoonte die nuwe jaar afgeskop met ‘n interessante takvergadering met baie lede teenwoordig en meer as ‘n handvol gaste waarvan 2 dadelik aangesluit het as lede.
Wian Engelbrecht van BVSA Malmesbury het ‘n bondige, verstaanbare oorsig gegee van die tak se finansies van die vorige boekjaar.
Lede het entoesiasties geleer en saam gesing aan die nuwe VLV lied.
Izane Leygonie-Crous, Soil Southern Oil se agronoom in die Swartland, het vir ons baie interessante feite, wat voordele en uitdagings insluit, rondom canola-boerdery vertel. Canola is afgelei van “Canadian oil low in acid”, ook daarom dat canola goed aard in die Wes-Kaap en in die winter geplant word. Sy het met navorsingsfeite die voordele van canola-olie gestaaf en waarom dit deur die Hart- en Beroertestigting SA onderskryf word. Canola-olie het o.a. slegs 7% versadigde vette teenoor die 12% van sonneblomolie en die 15% van olyfolie. B-Well canola-olie is ook die enigste kookolie in SA wat die KANSA goedgekeurde seël dra as gevolg van die Omega 6 tot Omega 3 verhouding wat 2:1 is. Sy het ons ook bewus gemaak van die vele canola-produkte wat onder die B-Well vaandel tans op die mark is, o.a. verskillende gegeurde canola-olies, verskillende mayonnaise, bak- en kooksproei asook ander canola-olie vermengings.
Izane Leygonie-Crous, Soil Southern Oil se agronoom in die Swartland het lede meer vertel oor kanolaboerdery en die gesondheidsvoordele van kanola-olie.
Leave A Comment