Sirkel: Tygerberg
Tak: Goodwood
Portefeulje: Landbou en Tuinbou
Beriggewer: Alet Colyn
Datum: 18 Februarie 2020
Lindie Buirski, verbonde aan Die Stad Kaapstad, het die lede kom inlig oor die kweek van organiese produkte, veral op die Kaapse Vlakte. Daar word o.a. in kratte tuin gemaak vir vinnige kweek, oes en gebruik. A.g.v. die instroming van mense word baie kos benodig. In Kayalitsha kweek ‘n entrepreneur, die Spinach King, sy eie spinasie, bak brood daarmee, verskaf aan verskeie plekke daarvan en skep terselfdertyd ook werk.
Die Stad het 21 natuurreservate en 24 riviere waarvan baie gekanaliseer is. Hier is ook 10 blouvlagstrande en ‘n groenkusprogram wat nou 2 jaar aan die gang is. Die “Closing the Loop’- program wat op die vermindering van afval fokus, is ook geloods.
Lindie Buirski aan die woord.
Fahmieda Barends het die Wonderbag gedemonstreer en ‘n maaltyd, waaraan die lede na die vergadering gesmul het, daarin berei. Hierdie sak is ‘n oplossing vir ons huidige kragsituasie. Elke lid het ook so ‘n sak as geskenk ontvang.
Leave A Comment