Sirkel: Tygerberg

Tak: Durbanville

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Hester Geringer

Datum: 13 Februarie 2020

 

 

Mnr Bertie Lourens het vir ons kom toespreek i.v.m. plastiek. Meer om mense op te lei hoe om om te gaan met plastiek sodat dit nie so verstrooi lê nie. Hy is die hoof Uitvoerende Beampte van Waste Plan en hulle het takke landwyd. Hoofkantoor in Pretoria.

 

Hy het  uitgebrei oor wat Rommel is, wat plastiek is. Die probleem wat plastiek oplewer en waar plastiek orals gebruik word soos bv in die voedselbedryf, voertuie, gehoorapparate, diere – wanneer prosteses vir hulle ontwikkel word, veral die wat bene verloor het.

 

Vandag word nogal baie gebruik gemaak van papiersakke, maar dan het ons 2 maal meer bome nodig aangesien papier van bome ontwikkel word, wat nie op die oomblik altyd haalbaar in Suid Afrika is nie. Plastiekpanele wat soos hout lyk is ook hoog  in aanvraag. Dink aan melkdoppies, ski stewels, selfs vliegtuie maak van plastiek gebruik.

 

Oplossing:  Herwinning. Mense moet net opgelei word om meer van herwinning gebruik te maak en minder rommel te strooi. Deur minder te koop sal ook ‘n oplossing wees vir die probleem. Deur herwinning kom ook werkskepping.

 

Marieta en Bertie Lourens