Sirkel: Kalahari
Tak: Vryburg
Tema: Gesondheid
Beriggewer: Nellie Viljoen
Datum: 11 Februarie 2020
Sumané Labuschagne, kinetikus, spreek VLV Vryburg toe oor kinetika vir babas. Die doel is om babas optimaal te stimuleer vir groot en fyn motoriese ontwikkeling.
Sumanè Labuschagne
Sorg altyd vir ‘n rustige warm omgewing met sagte beligting. Essensiële olies kan die ma se reuke oorheers en sodoende die baba verwar in plaas van kalmeer. Begin met klein sirkelbewegings op die kopvel. Dan volg ore en voorkop. Stimulering van wange en kake kan spraakontwikkeling verbeter. Borskas word met oop hande gevryf tot onder arms. Rol arms liggies tussen twee hande. Maag word kloksgewys om die naeltjie gevryf. Kan koliek verbeter. Bene word liggies tussen hande gerol. Maak sirkelbewegings van hak tot tone.
Sumané Labuschagne en Carien van Niekerk
Laat baba op maag lê en vryf vanaf nek tot op boude. Doen ook strekoefeninge met bene en arms. Hierdie program kan reeds vanaf twee weke gevolg word. Stel die baba bloot aan verskillende teksture om hul sensories te stimuleer. Bind balonne aan hande en voete vas om oogspiere te ontwikkel. Kinders moet kans kry om kaalvoet te loop.
By die geleentheid is lidmaatskaptoekennings aan lede oorhandig. Marthie Grobler 50 jaar,
Nellie Viljoen 40 jaar, Esta Twigge 30 jaar, Memory Scholtz 20 jaar en Carien van Niekerk 10 jaar.
Marthie Grobler, Nellie Viljoen, Esta Twigge, Memory Scholtz, Carien van Niekerk
Leave A Comment