Sirkel: Weskus
Tak: Moorreesburg
Studierigting: Kuste en Handvlyt
Beriggewer: Martelize Britz
Datum: 5 Februarie 2020
Daniela Louw, ‘n plaaslike fotograaf het vir die vergadering kom vertel hoe om ‘n beter foto te neem. Volgens haar moet jy anders na dinge kyk. Einstein het gesê: “As jy die manier waarop jy kyk na dinge verander, sal dinge ook verander.”
Perspektief is die eerste punt. Jy moet ‘n ander perspektief kry op dit wat jy wil afneem. Bv. as jy van onder na bo neem, lyk dit groter.
Tweedens is die Reël van Derdes. Sorg dat jou voorwerp op ‘n derde val, dit is daar waar die oog fokus. Derdens is fokus. Fokus moet altyd skerp wees, dit wat belangrik is, moet skerp wees.
Die vierde punt is Inleidende lyne. Indien daar bv ‘n pad op die foto is, lei jou oog op die pad. Driehoeke werk baie goed en die S-vorm is ook sterk.
Met landskapsfoto’s moet jy jou lense gebruik. Op die voorgrond, moet jy streef na diepte sodat die foto 3 dimensioneel kan vertoon, want diepte gee gevoel.
Probeer altyd jou foto “raam”. Met plante, mure, vingers. Werk met ongelyke getalle. Die horison moet altyd reguit wees en in die middel.
Weerkaatsing kan bereik word deur water, ruite, brilglase en spieëls te gebruik.
‘n Baie interessante en leersame vergadering!
Anna Slabber en Daniela Louw
Werk van Daniela Louw
Leave A Comment