Sirkel: Paarl
Tak: Wellington
Portefuelje: Openbare Sake
Beriggewer: Karen Barnard
Datum: 30 Januarie 2020
Wellington-Tak skop die jaar af op ‘n groen noot. Ds Braam Hanekom kom leer vir ons hoe om ‘n “groen Christen” te wees. Ons is nie die baas van die aarde nie,maar Rentmeesters wat deur God aangewys is. Hoe verstaan ons dit en hoe hanteer ons dit.
Elke mens los elke dag ‘n voetspoor, onbewustelik en elke voetspoor maak ‘n verskil. Die aarde of wêreld, soos ons dit ken, is by ‘n kruispad. Die volgende aspekte het ‘n invloed:
- Uitwissing van plante en diere. Ontbossing veroorsaak dat baie spesies uitsterf. Die wêreld se bevolking word te veel vir die aarde.
- Besoedeling- baie groot probleem. Dit het veral ‘n baie groot invloed op ons seelewe en kuslyne
- Besmetting van water.
- Klimaatsverandering regoor die wêreld. Die lewensstyl van mense is nie meer aangepas vir die uiterste toestande nie. Selfs die diere sukkel.
- Migrasie en behuising. Sowat 1,2 miljoen mense migreer per week regoor die wêreld.
- Soasiele Kommunikasie en Samewerking
- Vaardighede
- Geloof
Ons kan egter as gelowige mense ons deel doen om te help om die aarde te bewaar en ‘n beter plek te maak.
Die belangrikste is : “Reduce, Reuse, Recycle and Return”.
Ons moet minder maak, meer eenvoudig lewe en minder reis.
Jy kan eenvoudige goed doen in jou huis-
- Sorteer jou vullis en ry dan die herbruikbares na plekke waar dit gebruik of verwerk kan word.
- Gebruik jou afvalwater om plante en tuin aan die gang te hou
- Plant bome want dit gee suurstof
- Eet volhoubaar en eg. Maak jou eie groentetuin en eet minder kitskos.
- Maak die wêreld skoon. Elke bietjie help.
- Gebruik minder energie
Dit is ‘n uitdaging vir ons almal om as ware “groen Christene” te leef.
Ds Braam Hanekom saam met van die lede
Die marktafel word goed ondersteun
Leave A Comment