Sirkel: Middelland
Tak: Willowmore
Portefeulje: Landbou
Datum: 21/01/2020
Beriggewer: Adriana Theunissen
Pieter Kruger van Zandvlakte (Baviaanskloof) vertel van projekte wat plaasvind te Zandvlakte om erosie te bekamp. Pieter Kruger is ʼn boer van Baviaanskloof wat ongeveer 35 jaar gelede met navorsing begin het om die ekosisteme in die Baviaanskloof te herstel waarin die gemeenskap d.m.v. werkskepping bevoordeel kon word, die watergehalte na die Kougadam verbeter kan word, en erosie van die rivier gekeer kan word. Die hoofdoel was om die gemeenskap te stabiliseer deur meer werksgeleentheid te skep, en die voortbestaan van die Baviaanskloof te kan verseker.
Dit het gelei tot huidige projekte in die Baviaanskloof. Pieter Kruger het reeds veral in Europa baie bekendheid verwerf vir die restourasieprojekte wat hier gedoen word.
VLV lede van Willowmore luister diep en aandagtig !
Danie Fourie wat ook betrokke is by Zandvlakte se projekte het ons meer kom vertel van Spekboom en die belangrikheid rondom grondbewaring, ook van hulle Roosmarynprojek om essensiële olies te maak. Danie het genoem dat die Spekboom die spons van die aarde is. Ons moet aanplant en bewaar!
Nelmarie Lötter het vertel van die Koekieprojek in samewerking met Caring Daisies. Daar is in Desember 22 000 emmertjies verkoop om Karoovroue te help brood op die tafel sit en voer te help aankoop vir die boere.
Pieter Kruger het aan die VLV van Willowmore 50 Spekboomplante geskenk. Elke lid is met ten minste 2 huis toe om te gaan plant .
Aliwal Noord se Voetspore dames het ons lede bederf met ʼn Boervrou boks. Groot glimlagte op ieder en elk se gesig gesit!!
Two Point Zero bederf elke lid met energie stafie, Magalies skenk aan ons vrugtesappe en H2Glo skenk vir ons water met gloei as dit genoeg sonskyn kry!! Eskom + Loadshedding J
Ek is lodewyk fickster ek woon in
Fisantekraal durbanville ek het so
Sesmaande gelede Met spekboom
Plante begend Ek het nou op die
Oomblik 108 spekboom plante
My no 0626382204