Sirkel: Weskus
Tak: Leipoldtville
Afsluiting
Beriggewer: Elsabe Carstens
Datum: 13 November 2019
Op 13 Novemver 2019 het Leipoldtville Tak sy afsluiting gehou by Velskoendraai op Calnwilliam.
Die Voorsitter het elke Lid bedank vir haar bydrae en deelname deur die jaar.
Lede het jaarkentekens ontvang, pryse is uitgedeel en 100% bywoning is ook vereer.
Leipoldtville Tak bedank Velskoendraai vir die heerlike bederf die middag.
Loandri van Wyngaardt ontvang haar 5 jaar kenteken van die Voorsitter, Elsabe Carstens.
Loucresia van Zyl ontvang die Skinkbord vir die meeste punte in gebak van die Voorsitter, Elsabe Carstens.
Cecile van Zyl ontvang die beker vir die meeste punte in handwerk en ook die bord vir die beste vergadering aangebied.
Al die pryswenners van links: Elsabe Carstens, Voorsitter, Anne Laubscher(mees uistaande Lid ), Cecile van Zyl, (meeste punte in handwerk), Loucresia van Zyl (meeste punte in ngebak).
Die nuwe bestuur: Van agter. Anne Laubscher (Opvoeding en Kultuur), Marietjie Carstens (Landbou en Tuinbou), Anita Lalor (Gesondheid) en Lisa Van Zyl (Openbare Sake)
Voor: Cecile van Zyl (Leefstyl), Elsabe Carstens (Voorsitter), Madelein Visser (Tesourier en Sekretaris).
Anne Laubscher, mees uitstaande lid.
Marietha, Elsabe en Madelein – 100% bywoning.
Leave A Comment