Sirkel: Noordwes-Kaap
Tak: VLV Prieska
Beriggewer: Erika Lubbe
Vergaderingdatum: 18 September 2019
Konferensie 2020 beplanningsvergadering, asook die verslag van Kongres 2019
Voorsitter Corrie Liebenberg lewer deeglik verslag oor Kongres 2019. Die lede kyk na ‘n video wat tydens Kongres 2019 vertoon is. Dit handel oor die feit dat ander mense ’n mens positief en ook negatief beïnvloed. Dr. Pieter van Jaarsveld, ’n motiveringspreker, het dit gebruik om te illustreer dat as ’n mens van kleins af net afbrekende/negatiewe kritiek oor jouself ontvang, jy later vas glo dat jy niks, maar niks goed kan doen nie.
Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, steek vir die Taksekretaris, Lulu van Wyk, haar VLVK-jaarkenteken (35) aan.
Erika Lubbe, die VLVK-argivaris, steek vir Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, haar VLVK-jaarkenteken (35) aan.
Takvoorsitter, Corrie Liebenberg, steek vir die vorige VLVK-president, Erika Lubbe, haar VLVK-jaarkenteken (45) aan.
Leave A Comment