Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum: 11September 2019
Dit is die jaarlikse groot bederf vir die Aanoewer se lede. Dit vorm ook die verjaardag tee van daardie maand. Almal wat verjaar word geluk gewens en ontvang ‘n kaartjie van die tak. Lede en gaste moet ‘n masker dra en en die tafels is vrolik versier met vere en maskers.
Elke portefeulje moet ‘n item aanbied of voorstel om ‘n konsert op die planke te bring. Lede sien uit na die jaarlikse vermaak. Baie Vlv-lede is ook Aanoewer lede, daarom is daar net beperkte aantal lede beskikbaar vir die konsert.
Portefeulje Gesondheid het twee jong dogters van die skool gevra wat Cum laude gekry het by die Eisteddfod vir voordragte.
Openbare Sake het Willie Traut gevra om treffers te sing, waaraan almal deelgeneem het.
Opvoeding en Kultuur speel “ Ek is ‘n dapper muis”. Leefstyl het die Koekloop gedoen en hier het lede geskaterlag.
Landbou en Tuinbou het ‘n gedig voorgelees oor maskers wat ons dra in die lewe.
Kunste en Handvlyt beeld ‘n klein toneel uit met “Da sit Zuma en Schabir Shaik om die selle vuur!” Die bestuur verras almal met ‘n Michael Jackson dans.
Na die lekker lag het elke persoon ‘n kartondosie met eetgoed ontvang wat saam met die tee genuttig is.
Gaste dra maskers vir die tema
Tafels is versier
Aanoewer lede
Zuma en Schabir Shaik
Die koekloop
Michael Jackson dans
Leave A Comment