Sirkel: Weskus
Tak: Velddrif
Portefeulje: Leefstyl
Beriggewer: Cornelia van Dyk
Datum van gebeurlikheid: 14 Augustus 2019
Franse kuier:
Riëtte Strydom stel Lize-Mari Visser-Roode (ons eie Weskus Hannon) aan ons voor.
Lize-Mari gebruik vir Suzette Coetzee as model vir haar demonstrasie. Sy gee vir ons die volgende nuttige wenke:
– Vogroom is baie belangrik, dit is die grootste geheim dat grimering die hele dag hou.
– Kwaste met sintetiese hare word vir nat produkte gebruik byvoorbeeld roomonderlaag, die produk word nie opgeneem deur die hare nie.
– Kwaste van regte hare word gebruik vir droë produkte soos poeier oogskadu, dit voorkom dat die produk aan die hare kleef.
– Primer word gebruik om die vel te neutraliseer. Ons kry ‘n vel- en ‘n oogprimer. Dit kom ook in kleur voor wat die natuurlike voorkoms beklemtoon. Oogprimer kan bedags gebruik word en die velprimer vir aandgrimering.
– Onderlaag is in poeier- en roomvorm beskikbaar vir verskillende veltipes.
Die gesig word in lyne verdeel om dieselfde prentjie te dupliseer.
– Daar is drie maniere om wenkbroue in te kleur naamlik: potlode, wenkbrouskadu en mikro blading.
– Bronser word gebruik om die wangbene te laat uitstaan. Dit is ‘n neutrale bruin poeier .
– Blosser word in sirkels aangewend.
– Lipomlyner voorkom dat jou lipstiffie loop of smeer.
– As ‘n rooi lipstiffie die tande wit laat vertoon, is dit die regte skakering. Die verkeerde skakering laat die tande geel vertoon.
Lede is waarlik bederf met heerlike eetgoed en tafels uit Franse voorkoms.
Tafels is mooi versier
Finaal van die model saam met Lize-Mari die spreker.
Leave A Comment