Sirkel: Namakwaland
Tak: Nieuwoudtville
Portefeulje: Kunste & Handvlyt
Beriggewer: Erika Kotzé
Datum: 18 Julie 2019
Kunste en Handvlyt vergadering. Desima Beukes stel natuurlike verf bekend
Kreatiewe, visuele selfuitdrukking
Nieuwoudtville VLV se Kunste en Handvlyt portefeulje het op 28 Julie 2019 by die kerksaal ‘n byeenkoms aangebied waar Desima Beukes deur middel van ‘n werksessie natuurlike verf aan lede bekendgestel het.
Desima Beukes
Erika het die spreker bekend gestel en weer bedank vir haar werksessiel. Desima is ‘n prokureur van beroep en het haar nou op Nieuwoudtville kom vestig.
Deur middel van hierdie kreatiewe, visuele self-uitdrukkings werksessie is lede gelei om met behulp van temas soos emosie, mooiste/beste plek en musiek te teken en kreatief te verf.
Desima Beukes se werksessie
Natuurlike verfpigment
Lede het elk met houtskool geteken op tekenpapier. Daarna het hul met behulp van verskeie hulpmiddels soos foelie, gladwrap, kwaste, staalwol, ou tandeborsels, spons of selfs met die vingers geverf. Die verf was alles van natuurlike pigment soos: borrie, paprika, maringa-poeier (groen), koffie-moer, beet, chilli en selfs vuur-as is gebruik en dit is gemeng met ‘n bindmiddels soos water, kookolie en asyn. Daar is selfs gebruik gemaak van ou grimering om mee te verf!
Lede het dit baie geniet, asook die heerlike warm sop en roosterkoek om die koue mee te verdryf. Lede het ook deelgeneem aan verskeie takkompetisies soos: rooibos-gegeurde malvapoeding, fynbos blommerangskikkings, foto van ‘n trekker, ‘n batik lampskerm en ‘n skildery in pastel van ‘n blommeverkoper. Baie dankie aan die beoordelaars; Hettie en Julia van Schalkwyk.
Leave A Comment