Sirkel: Middelland
Tak: Despatch
Beriggewer: Moniques Bùchner
Datum: 27 Junie 2019
Vandag groet ons hierdie dierbare Tannie. Tannie Ivy van Tonder wat meer as 50jr lid van Despatch VLV was. Sy was altyd bereid om haar deel te doen. Bak was haar groot liefde.
Haar liefde en toegewydheid en besorgdheid oor haar medemens, en haar gewilligheid om te help waar sy kan, sal as soete herinnering by ons bly.
Rus in vrede,Tannie Ivy.
Ivy van Tonder
14 Desember 1928 – 20 Junie 2019
Leave A Comment