Sirkel: NOK
Tak: Queenstown
Studierigting: Opvoeding
Beriggewer: Antoinette van Pletzen
Datum: 2 Junie 2019
Khululeka is ‘n plaaslike organisasie in Queenstown, Noordoos-Kaap, wat opleiding verskaf aan opvoeders in “Early Childhood Development” (ECD) in plattelandse gebiede. A.g.v. die afgeleëndheid word hulle egter deur verskeie uitdagings gestrem in hul werk om gehalte programme te lewer aan kinders. Queenstown se VLV-tak het vir Khululeka gehelp deur beanies en handskoene te brei en kousies te skenk teen die winterkoue, asook tweedehandse speelgoed vir opleiding.
VLV-lede wat teenwoordig was by die oorhandiging is:
VOOR: Rikie Judeel, Elsabe Jonker, Petra Odendaal, Heleen Beukes en Wanda Barnes.
AGTER: Lucia Lieberum, Rika Richter,Ellen de Wet, Rosanne Alt, Retha Peens, Lida Knoetze, Rita Coetzee, en Joey Wassung.
Leave A Comment