Sirkel: Middelland
Tak: Despatch
Studierigting: Leefstyl
Beriggewer: Moniques Buchner
Datum: 13 Junie 2019
Tydens die Leefstylvergadering het Karin Swiegers van Etique Curtain Boutique, Bothastr 15, 0419333996 / 0715516500 die dames kom toespreek oor die moets en moenies in verband met binnenshuisversiering. Sy het ‘n pragtige uitstalling van al die nuuste modes gehad. Hul verskaf gordyne, blindings, “vinyl flooring”, ligte, gordyn- kappe, dakwaaiers, stoffeermateriale, selfs sekuriteitshekke en nog vele meer.
Karen verduidelik dat daar altyd harmonie met ‘n deurlopede kleurskakering moet wees. Herhaling van kleur en goeie balans bring alles bymekaar met ‘n goeie fokuspunt. Die aansig van jou huis is baie belangrik – of dit ‘n warm of koue vertrek is en dan wat die kontrasterende kleure is wat daarby gevoeg kan word. Behou jou eie styl.
Besoek haar gerus op afspraak by bostaande adres.
Karin Swiegers aan die woord.
Voorbeelde van die nuutste materiale wat beskikbaar is.
Suzette Schoeman bedank Karin en oorhandig ‘n geskenk aan haar.
Leave A Comment