Sirkel: Noord-Karoo
Tak: Victoria-Wes
Portefeulje: Kunste en Handvlyt
Beriggewer: Elize Perrin
Datum: 23 Maart 2019
Na die opening het die dames geluister na die tak se Konferensieinskrywings vir Woordkuns. ‘n Eerste en tweede plek is in dié afdeling behaal. Die Kwaliteitskild is ook by Konferensie aan die tak toegeken.
Daarna het elke dame n houtkruisie ontvang om te versier. Die kruisies sal vorentoe vir ‘n projek aangewend word.
Na tee is sake, soos die beplande Lentefees in September, bespreek. Daarna is die vergadering verdaag.
Die dames hard besig om hul kruisies te versier .
Leave A Comment