Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Gesondheid

Beriggewer: Hermien Van Zyl

Datum: 26 Februarie 2019

 

Mooi vir my “Valentine”!

 

Bogenoemde kon waarskynlik die motivering wees om vir dr. Peet van Deventer, inwoner van Kleinmond, wat ‘n praktyk vir Estetiese en Rekonstruktiewe Chirurgie in Hermanus bedryf, te vra om as gasspreker by die Kleinmondse VLV-tak se Februarie-maandvergadering op te tree.

 

Vir die lede en gaste voor hom, almal geklee in wit-en-rooi uitrustings om die laaste stuiptrekkings van die maand van liefde te vier, kon hy die versekering gee dat plastiese, estetiese en rekonstruktiewe chirurgie vir die pasiënt weer ‘n normale of jonger voorkoms kan gee nadat gewasse verwyder is en/of rekonstruksie plaasgevind het. Waar dermatoloë slegs, meestal uitwendige, veltoestande met salwe en medikasie behandel, verwyder ‘n chirurg/snydokter dit deur chirurgie en dan rekonstruksie.

 

V.l.n.r Vise-voorsitter Annie Jooste, Lisbé Badenhorst (taksaamroeper vir Gesondheid) saam met dr Peet van Deventer en sy vrou Elaine.

 

Met behulp van ‘n powerpoint-aanbieding kon hy uitwys dat wanneer moesies van vorm verander, onreëlmatige rande het, verskillende kleurskakerings het en groter as 7mm in deursnee groei (die sg ABCD-klassifikasie), daar werk van gemaak moet word, dan is dit kwaadaardig. Daarteenoor is gepigmenteerde vlekke gewoonlik ouderdomsverwant of a.g.v. sonblootstelling, maar moet dopgehou word sou dit volgens die ABCD-klassifikasie as kwaadaardig behandel moet word, of as ‘n melanoom gediagnoseer word, die mees aggressiewe kwaadaardige gewas.

 

 Die ABCD-klassifikasies van moesies: een van dr. Van Deventer se verwysings op die skerm.

 

Lede het gefassineerd gekyk toe dr. Van Deventer wys hoe word vel oorgeplant gedurende die rekonstruksie en hoe ongelooflik is die resultate ná ‘n borsverkleining of wanneer ‘n velflap oor die aangetasde deel geplaas word. Alhoewel kosmetiese plastiese chirurgie ten doel het om ‘n persoon se uitwendige voorkoms te normaliseer, moet alles in die eerste plek ook weer normaal kan funksioneer.

 

Alice van Rooyen het dr. Van Deventer bedank

 

Anne Meershoek, Tia Brits en Louna Conradie mooi in rooi.

 

 Wilma Fÿfer en Johanna Groenewald.

 

 Mooi tafelrangskikkings het die tema uitgebeeld.

 

Verjaarsdagdames word gelukgewens deur Lisbé Badenhorst(heel links), saamroeper vir Gesondheid, wat aan elkeen ‘n sjokolade oorhandig het.

V.l.n.r. Tia Brits, Philippa Marx, Ria Coetzee, Maryna Britz, Hendriëtte Cruywagen, Cathleen Joubert en Annie Jooste (vise-voorsitter).