Sirkel: Overberg

Tak: Kleinmond

Portefeulje: Gesondheid, Leefstyl en Openbare Sake

Beriggewer: Hermien van Zyl

Datum: 30 Oktober 2018

 

Die tak sluit Borskankermaand af met al die lede in pienk kleredrag en met die aansteek van pienk lintjies,  om verdere bewustheid te skep vir borskanker.

 

Maar die ma en vrou moet ook sorg dat haar gesin gesond eet én dat haar begroting klop. Die kospraatjie en demonstrasie van Riana Brink, plaaslike onthaalfoendie, was net wat die toehoorders nodig gehad het hier vóór die vakansie. “Maak kuierkos met jou hart, skep geleenthede om samesyn te vier en te geniet met dit wat in seisoen is en hou dit gemaklik” deel me Brink met entoesiasme haar kosmaakfilosofie.

 

Sy demonstreer hoe vinnig baie mense kan eet aan interessante slaaie, quiches gelaai met vars seisoensgroente, pikante hoendersosaties, doopsouse en broodjies. Aantreklik voorgesit op mooi borde kan kuierkos só maklik wees en ma kan saamkuier. Voeg daarby die moeitevrye en besparende kersrangskikkings en -kranse wat Kobus Conradie, plaaslike blommekunstenaar demonstreer het, en met ‘n bietjie vooraf beplanning kan ma uitsien na ‘n heerlike stresvrye feestyd wanneer al die kuikens in die nes is.

 

Van die lede in pienk geklee.

 

Johanna Groenewald, saamroeper vir Leefstyl, stel die spreker voor

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Riana Brink, spreker, aan die woord

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

V.l.n.r. staan Marita Grobler (saamroeper Openbare Sake), Riana Brink (die spreker), Johanna Groenewald (saamroeper Leefstyl) en Lisbé Badenhorst (saamroeper Gesondheid) ná die aanbieding by die demonstrasietafel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kobus Conradie demonstreer ‘n kerskrans vir die voordeur.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Cecile Jonkheid (links), voorsitter, bedank Kobus vir sy demonstrasie terwyl Louise Bruwer die blommekroon vertoon wat Kobus met bossies vars blomme geskep het deur dit aan ‘n haarband (Alice band) te heg.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Oktobermaand kook ‘n mens groenvye! Marietjie J van Vuuren met haar flessie wenkonfyt.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Maryna Britz met haar wenrangskikking vir ‘n spesiale geleentheid.

 

Cathy Alexander (links) en Noleen Jones (regs) saam met Ruanda de Clerk, taksekretaresse nadat sy hulle gehelp het met die formaliteite om as eerste vroue uit die bruin gemeenskap by VLV-Kleinmond aan te sluit.