Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Gesondheid

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 12 September  2018

 

Berta Rossouw het vooraf vir elkeen gevra om 20 van ‘n soort gesondheidsitems saam te bring. Sy het dit toe alles in banksakkies opgedeel om vir elke lid ‘n noodsakkie vir haar handsak te gee. Daarna het almal na die skool toe beweeg waar Elmien Cotterrell, Skeinat-onderwyseres en gekwalifiseerde mediese tegnoloog, ‘n aanbieding gegee het oor bloed en oor hoe ‘n laboratorium te werk gaan. Alle inligting is met duidelike items en diagramme toegelig.

Die menslike liggaam bevat 5 Liter bloed, en ‘n baba slegs  1 koppie bloed. 7% van jou gewig is bloed, en daar is 0,2 mg goud in jou bloed!  Kunsmatige bloed bestaan nog nie. Die enigste plek in jou liggaam wat nie bloed het nie, is die kornea in die oog – wat self suurstof uit die lug kan haal.

Bloedselle word  in jou beenmurg gemaak – vanaf een stamsel. Bloed bestaan uit Rooibloedselle, Witbloedselle, plaatjies en plasma. 90% van plasma is water. Plasma en selletjies kan geskei word deur die bloed te sentifugeer. Rooibloedselle dra suurstof (hemoglobien), en Witbloedselle verdedig die liggaam teen virusse, bakterië en ander ongewenste materiaal. Etter is dooie Witbloedselle wat baklei het.Plaatjies veroorsaak bloedstolling.

Bloeddruk is die druk wat bloed uitoefen op die bloedvate se wande, met die ideaal 120/80. 2 miljoen Rooibloedselle gaan dood per sekonde, 2 miljoen nuwes word elke sekonde gemaak. Dit neem 30 sekondes vir bloed om een sirkulasie te doen. Die Hart pomp 55 – 80 ml op ‘n slag. Bloedskenk : 450 ml kan 3 lewens red. Rooibloedselle kan gestoor word vir 42 dae, en Plaatjies word gestoor vir 5 dae. Plasma word gevries gestoor vir 1 jaar.

Bloedgroepe is Rh negatief OF positief en sluit in A, B, AB, O. Muskiete is die liefste vir  groep O! AB- mense kan enige groep ontvang, en O- mense kan vir enige groep gee. Vandat jy bloed geskenk het neem dit ‘n paar uur vir vloeistof om normaal te wees,  4 weke vir Rooibloedselle, en 8 weke vir yster om te herstel.

Wanneer jy bloed laat trek, het die botteltjies waarin dit geberg word, verskillende kleure proppe om aan te dui watter tipe bloed daarin is en wat daarmee gedoen moet word. Rooi: geen anti-koagulant = Bloedstol, vir serum toetse. Geel: SST (serum separating tube) = Serum verdeel met ‘n gel wat reeds ingegooi is. Dit skei dan die geel plasma en Rooibloedselle nadat sentrifigale draai gedoen is. Pers: EDTA = volbloedtelling. Groen: Heparien. Ligblou: NaSO4 1:9 = koagulasie op plasma (stollingsprobleme). Swart: NaSO4 1:4 = ESR (infeksie). Grys: oxalate (vir diabete) = Glukose. Goud = CSF.

 

Rooibloedselle word Erithrosiete genoem. Dis Rooi a.g.v. hemoglobien daarin (yster dra die suurstof). Dit neem 5-7 dae om te ontwikkel en leef vir 100 –120 dae. As dit afgebreek word, word yster herwin in jou beenmurg (waar nuwe selle gevorm word). Dit vervoer suurstof en koolstofdioksied.

 

Witbloedselle word Leukosiete genoem en bevat Monocyte, Eosinophil, Basophil, Lymphosytes, en Neutrophil. Die normale/gemiddelde Witbloedtelling as persentasie van die liggaam = Monocyte (5%), Eosinophil (2.5%), Basophil (0.75%), Lymphosytes  wat virusse aanval (30%), en Neutrophil wat bakteriëe aanval (62%).

 

SERUM / PLASMA (geel/ rooi/ goud / groen buisies) word gebruik om Proteine, Hormone en Ensieme te toets. Asook om toetse op die vlg organe te doen: Lewer (LFT, cholesterol, glukose, Albumien);

Skildklier (TSH, T3, T4); Pankreas (Lipase, Amilase);  Nierfunksies; en Kardiale merkers (CK, CKMB).

Bloedplaatjies word getoets om Haemophilia (Von Willebrand disease) te bepaal.

 

Afdelings in ‘n laboratorium:

1.Chemie wat van verskillende masjiene gebruik maak.

2.Hematologie(persbuisie.)

  1. Mikrobiologie.

4.Histologie, wat Weefseltoetsing en na-doodse ondersoek insluit.

5.Sitologie wat gebruik word by Papsmeer en by Fynnaald aspiraat.

  1. Bloedbank.

7.Farmakologie.

8.Genetika.

  1. Virologie.
  2. Immunologie.

11.Tissue typing.

  1. Selbiologie.
  2. Paternity (betwiste vaderskap) toetsing.
  3. Forensies.
  4. INR kliniek (warfarin aanbeveling).

 

Elmien Cotterrell (Regs) by Berta Rossouw, Dordrecht se Gesondheidsaamroeper.

 

 Lede luister na Elmien se interessante inligting