Sirkel: Tygerberg
Tak: Durbanville
Portefeulje: Gesondheid
Beriggewer: Hester Geringer
Datum: 19 Julie 2018
Op ons onlangse takvergadering het ons ‘n baie interessante praatjie gehad oor tuberkulose. Die spreker was Martelize van der Westhuizen, verbonde aan die Mediese Navorsingsafdeling van die Universiteit, Stellenbosch, wat spesialiseer in Tuberkulose. Sy het ons daarop gewys dat TB nog baie ernstig is en baie sterfgevalle voor kom, veral in die plattelandse omgewings waar daar nie genoeg medikasie beskikbaar is.
Barbara Nel, die sameroeper, en Martelize van der Westhuizen.
Sy wys ook dat TB nie net beperk is tot die longe nie, maar wel die res van die liggaam, behalwe die hare en naels, omdat daar nie bloed is nie. Aangesien pasiënte nie hulle medikasie, veral die behandeling met antibiotika volledig gebruik nie, is die gesondword baie skraal. TB is ook net vir die eerste 2 weke aansteeklik, onderhewig aan die gebruik van die medikasie. Die medikasie moet minstens vir 6 weke gebruik word. Ons moet daarop let, ook volgens haar, dat TB ‘n siekte op sy eie ook is en nie net verwant is aan HIV nie.
As uitreikaksie het ons tak besluit om vroetellappies te maak vir Alzheimer-pasiënte, veral by een aftree-oord is die lappies baie gewild.
Ons voorsitter, Ester de Bruyn, met van die lappies.
Marie Joubert saam met Ester de Bruyn
Ons het sommer ‘n tafel vol lappies gehad.
Leave A Comment