Sirkel: Worcester

Tak: Bonnievale

Portefeulje: Opvoeding

Beriggewer: Gesina de Wet

Datum: 18 Julie 2018

 

Helen de Wet, sameroeper vir Opvoeding, open met die vermaning dat ons so ‘n bietjie moet “afgear” en tyd maak vir die wat belangrik is vir ons en veral tyd maak vir God.

 

Kirsten Flack, vertel ons van die unieke beroep wat sy het. Afgesien daarvan dat sy ‘n hoogs geakrediteerde persoon is om mense op te lei om perde te ry en te hanteer, lei sy ook honde op om te “retrieve”. Voëljag is ‘n baie gewilde sport in Engeland, maar in Suid-Afrika is ook klubs, onder andere een by Barrydale. Daar word gereeld kompetisies gehou, waar die honde se vaardighede dan getoets word. Die doel van die opeiding van die honde is dat hulle die voël ongeskonde aan die skut moet terubesorg. Die voëls word alles op die dag van die kompetisie gaar gemaak, dus net jag vir die pot. Sy lei ook honde op om gehoorsaam te wees en in  ander vaardighede.

 

Helen lees ook voor uit navorsing van Statistiek Suid-Afrika oor skoolbywoning van die Suid-Afrikaanse kind, wat onlangs gepubliseer word. Dit sluit in onder andere hoe leerlinge by die skool kom, watter tipe skole hulle bywoon, hoeveel klaar maak met skool, ens. Armoede speel ‘n geweldige rol in skool bywoning, maar dit het ook verbeter sedert daar meer skole is waar gratis onderrig gegee word.

 

Suid-Afrika is ‘n land met so ‘n diverse kultuurskat en een van die kulture is die Xhosa kultuur. Lindiwe Kahla en haar suster,Nomaliza, het ons besoek om meer oor die kultuur te vertel. Lindiwe lei haar praatjie in met pragtige sang deur haar en haar suster, beide geklee in tradisionele drag. Sy vertel van hul kultuur en tradisies en antwoord soms ongemaklike vrae oor hul kultuur.Sy sê onomwonde dat sy nie te diep wil delf in hul tradisies, want Westerlinge sal dit nie verstaan. Die Xhosas in die Wes-Kaap het al baie verwesters, maar in die Oos-Kaap is hulle nog baie tradisioneel.

 

Helen sluit die vergadering af deur voor te lees uit Tip from Top, saamgestel deur die 17 jarige, Oliver Sauchen. Hy het bekendes, onder andere Desmond Tutu gevra wat die beste raad is wat hulle nog gekry het.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Kirsten Flack vertel van haar beroep.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Lindiwe Kahla, Helen de Wet, sameroeper, Nomaliza Kahla, Hetta Meiring, ‘n lid.