Sirkel: NOK

Tak: Dordrecht

Studierigting: Opvoeding-en-Kultuur

Beriggewer: Antoinette van Pletzen

Datum: 14  Maart  2018

 

Almal moes hul gunsteling kleur aantrek en toe verduidelik waarom juis daardie kleur.

 

Sonja Kruger het die basiese beginsels van kleur verduidelik, waarvan die primêre kleure Rooi, Geel, en Blou is. ‘n Mengsel van 2 kleure gee die sekondêre kleure: Rooi + Geel = Oranje; Geel + Blou = Groen, Rooi + Blou = Pers. By die meng van verskeie sekondêre kleure kry jy weer tersiêre kleure soos Rooierige Pers. Die moontlikhede is eindeloos. Kleur werk baie in op jou emosies. Kyk jy na die lugruim se kleur, besluit jy dat dit na reën lyk of nie. Is ‘n vrug se kleur reg om te eet? Rooi versnel jou metabolisme en asem en laat jou bloeddruk styg. Groen vertraag weer jou metabolisme en maak jou rustig, soos in die natuur.  Die Skepper van lig en kleur gebruik dit op meesterlike wyse om ons te help om die lewe te geniet.

 

Kleur het verskillende betekenisse in verskillende kulture. In Gen.9:12-17 het Noag en sy gesin die kleurvolle reënboog gekry as bewys dat God die mensdom nooit weer d.m.v. ‘n watervloed sal vernietig nie. WIT word verbind met lig, goedheid, onskuld en suiwerheid. Engele word met wit klere uitgebeeld om regverdigheid en geestelike reinheid te beklemtoon. Die antieke Grieke het wit slaapklere gedra om seker te maak hulle droom mooi drome! En Jes 1:18 sê dat ons skarlaken sondes sal wit soos sneeu word. GROEN was in die 15de eeu die kleur om in te trou en is ‘n heilige kleur vir Moslems. ROOI beteken gevaar of liefde in die Westerse kultuur. Vir Chinese is dit ‘n kleur van geluk en feesviering. In Mexiko is SWART die teken van oorlog, maar in die Weste beteken dit om te rou.   ORANJE is Nederland se nasionale kleur, en vir die Amerikaanse Indiane ‘n simbool van familie. Vir die Grieke is GEEL hartseer en vir die Franse jaloesie, terwyl dit by Indië se klasse-indeling die kleur is wat die boere dra. Die Jode moes ook geel armbande in die Duitse konsentrasiekampe dra. In Thailand rou mense in PERS, terwyl die Amerikaners Purple Hearts-medaljes uitgedeel het aan troepe wat in die oorlog dood of beseer is, as kleur van moed. Die Grieke glo dat bose geeste verdryf word deur BLOU, en in Mexiko word in blou gerou. In Japan is PIENK ‘n baie manlike kleur, en wêreldwyd is dit die kleur vir borskanker.

 

Then Sonja discussed our national emblems: Animal – Springbuck, Flower – King Protea, Fish – Galjoen, Bird – Blue Crane, and Tree – Yellowwood.  The Flag was announced on 20 April 1994, and is the only flag in the world with so many colours. Officially our flag has no meaning, except that it represents our rainbow nation.

 

Sonja Kruger aan die woord.