Sirkel:  Weskus

Tak: Eendekuil

86ste Konferensie

Beriggewer : Nicoline Brown

Datum: 7 Maart 2018

 

Die verwelkoming en bekendstelling word deur mev. Estelle du Plessis, Sirkelpresident gedoen.

 

Ds. Gert Kok lewer ‘n treffende boodskap uit Matt.10 betreffende twee mossies.

 

Kersseremonie:  Mevv Rosa Lategan en Louwna Hoving, saam met die saamroepers, behartig die aansteek van die verskillende kerse.

 

Groeteboodskappe: Me Sandra Crafford – Viseburgemeester : Bergrivier Munisipaliteit en Mnr. Niekie Mouton – Landbouverteenwoordiger.

 

Mev. E. du Plessis lig hoogtepunte uit haar jaarverslag uit en foto’s van die Kongres word vertoon.

 

Hierna word die aanbiedings deur die Saamroepers gedoen.

  • Landbou & Tuinbou:

Spreker:  Mev. Maggie Enever – onderwerp:  Gryswater-aanbieding.

  • Leefstyl:

Spreker:  Mev. Denise Bester – Koekversiering-demonstrasie.

  • Openbare Sake:

Spreker:  Mev. Sonja Gebhardt – onderwerp: Koordlose internet en vesel

  • Gesondheid:

Saamroeper:  Mev. Denise Bester – Potpourri in Gesondheid.

  • Kunste & Handvlyt:

Spreker:  Arnie Louw – onderwerp: Die regte raam vir jou skildery.

 

‘n Uitstalling en bekendstelling van Die Lig-Tydskrif  is deur die Redakteur mev. Francine van Niekerk behartig.

 

 

 

 

 

 

GASSPREKER:  Mnr. Johan van Lill – RSG

Onderwerp: Wat doen ek nou vir my kind vir ‘n beter toekoms?

Hy beklemtoon dat alle kinders uniek is en almal verskillend ontwikkel. Die brein is ontwerp om te verstaan uit leerervarings.  Gebruik tyd om saam met jou kinders te lees en om bv. boom te klim is van die beste leerervarings waarby die hele liggaam kan baat.

 

 

 

 

 Me Estelle du Plessis en mnr Johan van Lill

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

PRYSUITDELINGDit word deur Mevv. Rosa Lategan (voormalige Sirkelpresident) en Denise Bester, Vise-President behartig.

 

 

 

Me Rosa Lategan en Me Mary-Ann van Schalkwyk (prysuitdeling)

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

SIRKELBESTUUR:  2018

President:  mev. Estelle du Plessis

Vise-President:  mev. Marié Grobbelaar

Sekretaris:  mev. Elsabe Carstens

Tesourier:  mev. Dinette Lochner

Saamroepers:           Gesondheid : mev. Mary-Ann van Schalkwyk

Opvoeding & Kultuur : mev. Marié Grobbelaar

Kunste & Handvlyt : mev. Marlene Dirkse v. Schalkwyk

Landbou & Tuinbou : mev. Maggie Enever

Leefstyl : mev. Joline Russouw

Openbare Sake : mev. Nicoline Brown

 

2018 VLV Sirkel Weskus-bestuur

 

Afskeidswense:

Mev Sinnie Koegelenberg, tree uit as Tesourier na 19 jaar, asook mev. Denise Bester – Vise-President van die Sirkelbestuur.  Hulle  word deur mev. Estelle du Plessis bedank vir getroue jare van diens aan die Sirkel en sal voorwaar baie gemis word!

 

Me Sinnie Koegelenberg + Me Denise Bester (afskeidswense)

 

Konferensie word afgesluit deur samesang van die Volkslied en uitdra van die vlae.

‘n Vriendskapskring word gevorm en almal sing saam Sal ons ou vriende ooit vergeet.

 

Konferensie 2019 sal in Graafwater aangebied word.