Sirkel: Paarl

Tak: Slot van die Paarl

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Annalise Loubser

Datum: 6 Maart 2018

 

 

Gasspreker David Basson by takvoorsitter Alice Swanepoel

 

Ons gasspreker nooi ons uit om na hom te kyk en ’n prentjie van ‘n  skraal, regop man met sterk kuite, swart krulhare en geen plooie te sien…. en wanneer hy in die spieël kyk, is dit die werklike prentjie wat hy sien en nie hoe hy nou lyk nie! Almal is mooi vir hom en hy aanvaar die ouderdom as ’n werklikheid.

 

 

Jy’t ’n keuse: die eerste is om fisies ouer (onvermydelik) te word, maar jy bly geestelik, emosioneel en intellektueel jonk OF die tweede is om fisies ouer te word en saam daarmee geestelik, emosioneel en intellektueel ook ouer te word. Hy sê dat hy kies die eerste opsie. ’n Mens moet dankbaar wees vir die ouderdom en moenie skaam wees oor jou ouderdom nie, want dan is jy skaam oor ’n groot genadegawe van die Hemelse Vader. Onthou dat ouderdom is wat jy daarvan maak – dis immers nie die aantal jare in jou lewe nie, maar die lewe in jou jare wat saakmaak.

 

 

’n Groot skoot humor word oor ons uitgestort toe ons hoor dat ’n jongmens nog nooit oud was nie, maar ’n oumens was al jonk; ’n groot voordeel van die ouderdom!

 

 

Daar is drie stadia van die ouderdom waarvan ons moet kennis neem naamlik 60 (standbye), 70 (laybye) en 80 (goodbye).

 

 

 

So vertrek ons weer na ons huise toe met diepe dankbaarheid om te kon deel in die opbouende rolmodel van positiwiteit en besef dis elkeen se eie keuse wat hy/sy met ouderdom maak. Praat minder oor siektes, operasies en geld en moenie gedurig fout vind met die jongmense van vandag nie, moenie net fout vind met die regering van die dag en die munisipaliteit nie!

 

 

Salome du Toit vertel meer oor Van Gogh en hoe hy haar geïnspireer het om ’n kwilt te maak met onderandere sonneblomlap