Sirkel: Middelland

Tak: Kraggakamma

Portefeulje: Opvoeding en Kultuur

Beriggewer: Margaret van der Mescht

Datum: 13 Junie 2017

 

Advokaat Linda le Roux en Kolonel Marlize Dippenaar kom vertel ons van die werk wat by Thuthuzela Care Center gedoen word. Thuthuzela is `n eenstop sentrum waar persone wat verkrag is alle dienste op een plek kan ontvang. Thuthuzela is die Xhosa woord vir vertroosting en dit is hul doelwit om vir slagoffers veiligheid, sekuriteit, emosionele vryheid, positiewe verwagting en hoop te gee.

 

 

 

 

 

 

Kolonel Marlize Dippenaar, “Cluster Detective Co-ordinator” en Adv Linda le Roux, “Case Manager by Thuthuzela” met van die speelgoed wat  aan die sentrum gegee is.

 

Die sentrum is in 2010 begin weens `n behoefte aan samewerking tussen die verskillende rolspelers wat betrokke is by verkragting sake.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Die doel van die sentrum is om: 1. Die sekondêre trauma vir die klaagster te verminder. Baie persone meld nie die misdaad aan nie omdat hulle geviktimiseer voel met die manier hoe hulle behandel word. 2. Die sake so gou moontlik af te handel sodat die klaagster emosioneel kan herstel sonder om jare na die voorval daaroor te getuig. 3.  Die skuldigbevinding syfer in hierdie sake te verhoog. Die eerste 48h van elke saak  is belangrik om te verseker dat geen getuienis verlore gaan nie.

 

Die rolspelers by die sentrum is die mediese personeel, maatskaplike dienste en beraders, `n spesialis eenheid van die Polisie wat met verkragtingsake werk en `n persoon van die Nasionale Vervolgingsgesag wat leiding gee in ondersoeke en sake gereed kry vir die hof.

 

Uit statistiek van die vorige boekjaar is 1068 sake, waarby 501 kinders onder die ouderdom van 18 betrokke was, by die sentrum aangemeld. Die skuldigbevinding syfer is egter slegs 57%.

 

Omdat daar net begroot word vir dienste wat gelewer word, het hulle `n groot behoefte aan onder andere onderklere en badprodukte.

 

Ons tak skenk gebreide speelgoed wat aan getraumatiseerde kinders gegee kan word om saam huis toe te neem as `n blyk van omgee en troos.

 

 

    

 

Van die beertjies wat ons lede gebrei het.

 

Lede het ook beertjies gekoop.